CECIL SE LEKKER PIZZA IDEE

CECIL SE LEKKER PIZZA IDEEtested
CECIL SE LEKKER PIZZA IDEE

winkel deeg
tamatie puré
geknapte knoffel
spek
Cheddar kaas
Feta kaas

Rol die deeg effens uit en plaas die bestanddele op die deeg.
Bak in voorverhitte oond vir 35 min teen 190°C.
Resep en foto: Cecil Dunhin




AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

amanda se pizzasamanda se brood van pizza deegtested

AMANDA SE PIZZA EN BROOD DEEG

Na aanleiding van tuisgemaakte pizzas wil ek die volgende deel. By ons is dit tradisie om op n Saterdagaand pizza te maak. Ek knie self en maak my basis dun. Ek “pre bake” dit vir 5 min. Laat dit heeltemal afkoel. Gebruik tamatie as basis, dan die kaas
Daarna wat ons ookal voor lus is. Bak vir 8 min en geniet. Aangesien ons nou die meeste van die tyd net 2 is knie ek vier koppies meel en bak sommer ‘n broodjie ook vir Sondag oggend ontbyt.

4 – 6 kop meel
1 pakkie kitsgis
1 teelepel sout
3 teelepels suiker
2 eetlepels olyfolie
Genoeg lou water om hanteerbare deeg hê

Knie sommer met Kenwood.
Laat rys tot dubbel volume. Knie af. Maak balletjies vir pizza basis.
Vorm res in brood.

FOTO EN RESEP:  Amanda Theunissen




ANDRE SE TUISGEMAAKTE PIZZA

Andre se Tuisgemaakte Pizzatested

ANDRE SE TUISGEMAAKTE PIZZA

Hi almal, ek wil my home made pizza idee met julle deel.
Die pizza plekke se pizzas lyk altyd so mooi en lekker op hulle advertensies, maar die eind produk is alles behalwe dit wat jy sien en voor betaal.
Hier en daar n bietjie topping, is n pizza nie juis veronderstel om baie topping te he nie?
Ek het my eie pizza gemaak en is by verre beter.
Ek het puff pastry gebruik, baie makliker, lekkerder en die kors is dun en bros, lekkerder as pizza base. Die base sous is pizza sous gemeng met n bietjie van my home made chilli sous.
My topping is gebraaide bacon, mossels gebraai met knoffel, kruie en n bietie suurlemoensap.
Olywe en peppadew en laaste pynappel, ek hou van die sout/soet smaak en natuurlik genoeg kaas.
Dit is mos hoe n pizza moet lyk.

Resep en foto: Andre Muller




KLAAS SE TUISGEMAAKTE PIZZA

tuisgemaakte pizza klaastested
KLAAS SE TUISGEMAAKTE PIZZA
PIZZADEEG:
500 gr witbrooddeeg/koekmeel
1 pakkie gis
1tl sout
Italian spices en herbs
2 tl olyfolie
300/350ml lou water
Meng al die droe bestandele en voeg water by -Meng tot sagte deeg
Rol deeg in balvorm . Smeer die olie om die deeg, Sit in bak en maak toe met gladwrap om te rys. (dit moet omtrent dubbel die grootte rys)
Rol dun uit en gebruik
TAMATIESOUS VIR PIZZAS
2 E fyn knoffel
1x410g gekapte tamaties OF 6 vars tamaties
1x115gm tamatie puree
2 E vars basiliekruid
2 E Suiker
sout en swart peper na smaak
Gooi alles saam met ‘n gekapte ui in die voedselverwerker en kook dan tot lekker dik. Vries ook baie lekker
Jy kan ook enige toppings by op sit
Voorverhit oond tot 220 C
Bak pizza 25 to 30 minute tot goudbruin op die middelste oondrak.
Laat dit effens afkoel, sny in vierkante en sit warm voor.

Foto en resep:  Klaas Kingma




ALICIA SE PIZZA VULSEL

ALICIA SE PIZZA VULSELtested
ALICIA SE PIZZA VULSEL

Vir die deeg het ek sommer winkeldeeg gevat.
Vulsel:
400g mince gebraai met n blikkie tamatie en uie en pakkie tamatie paste.
Ek het toe my deeg gerol en in my pizza pan gesit en gesmeer met sweet chillie sous en steakhouse sousie, toe bietjie kaas gestrooi, uie, mince en green pepper en toe weer bietjie kaas.
Gebak teen 180 vir so 25min.
Toe dit uitkom het ek sprietuie en crispy bacon en basil opgestrooi.
Voltooi met avocado.

Bron: Alicia MacBride




DOUGH FOR NAAN BREAD AND PIZZA’S

naan of pizzatested
DOUGH FOR NAAN BREAD AND PIZZA’S
Frans Odendaal het onlangs vir my die resep van die broodjies gestuur. Heerlik en ek het dit sommer vir pizza korse gebruik en my mense was gaande daar oor, sal verseker nie weer n ander kors vir my pizzas gebruik nie. Dis so vinnig en maklik! Kors word net 3 min elke kant ge “grill” in oond
1 (7g) package active dry yeast
1 cup warm water
¼ cup white suGar
3 tablespoons milk
1 egg, beaten
2 teaspoons salt
4½ cups bread flour
2 teaspoons minced garlic (optional)
¼ cup butter, melted

In a large bowl, dissolve yeast in warm water. Let stand about 10 minutes, until frothy. Stir in sugar, milk, egg, salt, and enough flour to make a soft dough. Knead for 6 to 8 minutes on a lightly floured surface, or until smooth. Place dough in a well oiled bowl, cover with a damp cloth, and set aside to rise. Let it rise 1 hour, until the dough has doubled in volume.
Punch down dough, and knead in garlic. Pinch off small handfuls of dough about the size of a golf ball. Roll into balls, and place on a tray. Cover with a towel, and allow to rise until doubled in size, about 30 minutes.
During the second rising, preheat grill to high heat.
At grill side, roll one ball of dough out into a thin circle. Lightly oil grill. Place dough on grill, and cook for 2 to 3 minutes, or until puffy and lightly browned. Brush uncooked side with butter, and turn over. Brush cooked side with butter, and cook until browned, another 2 to 4 minutes. Remove from grill, and continue the process until all the naan has been prepared.

Recipe posted by Frieda Greyling




GIDEON SE PIZZA DEEG

PIZZA DEEGtested
GIDEON SE PIZZA DEEG
2 koppies koekmeel
200 ml louwarm water
1 eetlepel suiker
1 eetlepel sonneblom olie
5 g gis
½ teelepel sout

Sif die droë bestanddele en meng die olie en die water, voeg alles in ‘n mengbak en meng tot ‘n elastiese deeg. Knie goed en laat rys tot dubbel die volume.
Deel die deeg in drie ewe groot dele en rol uit. Sny ‘n sirkel so groot soos ‘n bord en plaas een in ‘n plat oondpan wat gespuit is. Smeer die basis met knoffel (crushed garlic), strooi dan die hele basis met gerasperde Chedder kaas, plaas in ‘n voorverhitte oond op 180°C en bak vir ±10 min. Voeg dan oor die hele basis gerasperde parmasaan kaas en grill net vir 2 min. Garneer met grasuie en maal ook ‘n bietjie swart peper oor.
Vroulief het toe ‘n lekker bord kookkos gemaak bestaande uit uie, pampoen en lamsvleis. Ek skep toe my kookkos bo op my pizza met ‘n bietjie van die kookkos se sous daaroor en siedaar heerlik was dit!
Bron: Gideon Louw
Foto’s: Gideon Louw




ROGER’S CAULIFLOWER PIZZA

12745637_1230028497026027_5561999614889892592_ntested
ROGER’S CAULIFLOWER PIZZA
Ingredients
1 cup Grated cauliflower
Half a cup Mozzarella cheese
Half a cup of cheddar cheese
One egg
Method
Boil cauliflower in microwave for five minutes and dry using paper towels.
Then combine all ingredients add spice of choice
Press out thin and flat on wax paper and bake for 15 minutes at 230 deg.
When done baking add toppings of choice and bake for another 5 to 10 minutes.
RECIPE AND PHOTO – Roger Carelse




PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

pizza sandwich op die koletested
PIZZA SANDWICH OP DIE KOLE

Enige 2 pizza base’s van jou keuse, stop dit met ektra kaas, vulsel van jou keuse, en braai op medium tot lae kole temperatuur tot vulsel smelt en pizza base verbruin.
Ek het ‘n club pizza base en hawain base gebruik, en hope kaas ( cheddar, feta), hoender, peppadew ingesit. Toegemaak soos toebroodjie en gebraai.

Resep en Foto Lelane van der Walt




MATHILDA SE PAN PIZZA

mathilda se pan pizzatested
MATHILDA SE PAN PIZZA
800 ml koekmeelblom
1 teelp sout.
50ml olie.
15 ml bakpoeier.
300 ml om helfde water en melk.
Meng droe bestandele en meng melk en olie. Maak holte in meel. Meng goed deur. Laat staan paar min om te rus. Rol uit. (Ek meng sommer in bak.en meng goed deur. Maak bal van deeg. Tel op en trek kante toe en sit op gesmeerde plaat.werk plat met vingers. Kry 3 terborde uit gewoonlik. Probeer gerus..lekker piza degie. By vriendin gekry.Ek vat blikkies tamatie uie..vir basis dan sit jy als op waarvoor jy lus het op piza. 180c 20 min
Bron en foto: Mathilda Van Tonder Leslie