SEEKOS GEVULDE PANNEKOEK
1 ui, fyn gesny
4 toontjies knoffel, fyn gesny
1 groen peper, blokkies gesny
½ teelepel rissie vlokkies
3 eetlepels botter
200 g gemengde seekosmengsel
100 g shrimp
300 ml melk
125 ml koekmeel
sout en swart peper na smaak
pietersielie na smaak Continue reading
Category Archives: Pannekoek / Pancake
PANNEKOEK VULSEL
PANNEKOEK VULSEL
Kan ek die pannekoek vulsel met jul deel!
Jy bak gewone dun pannekoeke met ‘n klein lepeltjie kaneelsuiker op en bere dit sodat dit kan koel word.
Dan meng jy in ‘n bak:
1 klein blikkie crushed pynappel
1 blik kondensmelk
500 ml room
Klits alles tot lekker styf, skep in ‘n mooi bakkie met ‘n lepel in, sit die pannekoeke op ‘n mooi bord Continue reading
LYNETTE SE “GEEN OMDRAAI” PANNEKOEK
PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM
HANLIE SE PANNEKOEK
HANLIE SE PANNEKOEK
Ek gooi nooit bakpoeier in pannekoek nie.
1 koppie meel
1 koppie water of melk
1 eier
1 eetlepel olie
bietjie sout
Partymaal bietjie meer water, anders, klop die eierwit styf en vou dit in.
Meng goed en bak soos altyd.
Hanlie Grobbelaar
CREPE BATTER / PANNEKOEK DEEG
CREPE BATTER / PANNEKOEK DEEG
½ koppie gesifte meel
1 teelepel suiker
½ teelepel sout
1 koppie melk
4 eiers
3 eetlepels botter of margarien, gesmelt en effe afgekoel Continue reading
TUNA VULSEL VIR PANNEKOEK
BOEKWEITPANNEKOEK MET WARME BOSVRUGTE
BOEKWEITPANNEKOEK MET WARME BOSVRUGTE
Vir almal wat op die grammetjes let na al die suikerryke dae:
½ kop boekweitmeel
½ kop amandelmeel
snufje zout Continue reading
LEKKER PANNEKOEK
LEKKER PANNEKOEK
1 ½ koppies koekmeel
1 ml sout
5 ml bakpoeier
1 eier
15 ml kookolie
7 ml asyn of suurlemoensap
500 ml water (Ek vat 1½ koppie water en ½ koppie melk)
Meng alles goed saam en daar is jou deeg, ek spuit net Spray and Cook in my pan en dis so 12 pannekoeke.
Resep geplaas deur Roneel J V VuurenLambrechts
Foto geleen: Johan Coetzee
KOOLHIDRAATARM PANNEKOEK
KOOLHIDRAATARM PANNEKOEK
Daar is 2 bestanddele in wat ek nie weet of jy dit in SA kan koop. Die een is Kokosroommeel en Gari – meel van Cassaveplant.
Vir 3 pannekoekies:
2 eiers
1 eetlepel kokosroommeel
2 eetlepels gari
1/3 koppie water
1 teelepel gesmelte kokokbotter
knijpie sout
Bak gewoon kleine pannekoekies in kokosolie.
Jy kan ook gewone kokosmeelgebruik, 1 opgehoopte eetlepel en die gari weglaat.
Jy kan ook water vervang met amandelmelk.
Lucille Coetzee-Kukkuk











