SEEKOS GEVULDE PANNEKOEK
1 ui, fyn gesny
4 toontjies knoffel, fyn gesny
1 groen peper, blokkies gesny
½ teelepel rissie vlokkies
3 eetlepels botter
200 g gemengde seekosmengsel
100 g shrimp
300 ml melk
125 ml koekmeel
sout en swart peper na smaak
pietersielie na smaak
Braai die ui, knoffel, groen peper en rissie in die botter tot dit begin verkleur.
Voeg die seekosmengsel en ekstra shrimp by en braai lekker deur en voeg die meel by.
Voeg die melk bietjies, bietjies by om ‘n tipe witsous te maak.
Geur met sout, swartpeper en pietersielie
Dien op met baba tamaties, piekel knoffel, agurtjies en kappertjiesaad.
BRON- Corne Liebenberg








