
PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM
Pannekoek:
500 ml meel
5 ml bakpoeier
500 ml melk
5 ml sout
2 eiers
15 ml sout
Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Klits die eiers en melk saam, voeg by die meel en meng goed. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en pak pannekoeke. Lewer 12. Hou eenkant.
Vulsel:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g spek, in klein stukkies gesny
500 g beesmaalvleis
Sout en peper
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blikkie (400 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
15 ml blatjang
60 ml beesaftreksel
60 ml vars gekapte origanum of 30 ml droë
125 ml kaas
250 ml room
Verhit olie in ‘n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Voeg die spek by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by, geur goed met sout en peper, en braai tot bruin en gaar. Voeg die tamatiepasta, gekapte tamaties, suiker, blatjang en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 20 – 30 minute. Geur goed met sout, peper en origanum. Laat die maalvleis afkoel. Vul elke pannekoek met maalvleis en rol op. Pak styf langs mekaar in ‘n oondvaste bak. Strooi die kaas, gooi die room oor en bak in voorverhitte oond van 180’C vir 30 minute. Bedien saam met vars slaai.
Indien jy dit wil vries, vries dit sonder die room en bedek dit goed met kleefplastiek. Laat dit ontdooi voor jy dit bak.
Fyn hoender, tuna of varkmaalvleis kan ook gebruik word.
Bron: Marlize Willemse






