PANNEKOEK VULSEL
Kan ek die pannekoek vulsel met jul deel!
Jy bak gewone dun pannekoeke met ‘n klein lepeltjie kaneelsuiker op en bere dit sodat dit kan koel word.
Dan meng jy in ‘n bak:
1 klein blikkie crushed pynappel
1 blik kondensmelk
500 ml room
Klits alles tot lekker styf, skep in ‘n mooi bakkie met ‘n lepel in, sit die pannekoeke op ‘n mooi bord en sit klein of groot borde op met mes en vurk. Laat gaste nou self die roommengsel op die helfte van die pannekoek smeer en vou toe soos ‘n driehoek en eet en eet en eet.
Geplaas deur Elizabeth Burger








