600g tot 1kg wit vis. (Ek het Geelstert gebruik)
125g sampioenskyfies
30g gerasperde Cheddarkaas
150g mosselvleis
300ml melk
2 eetlepels olie
1 pakkie Creamy Fish Bake Cook-in-Sauce
Ek het ‘n heel Geelstert gebruik, dit eers bietjie ge-mikrogolf sodat ek die vel kon aftrek, dit oopvlek en die been uitkry. Jy kan natuurlik klaar gekoopte fillette gebruik. Verhit die olie in ‘n pan en verbruin die sampioene liggies. Meng die inhoud van die pakkie Fish Bake met die melk en voeg dit, saam met die kaas by die sampioene. Bring tot kookpunt en prut dan vir een minuut terwyl aanmekaar geroer word. Plaas die vis in ‘n oondbak en bedek met die sous. Bak onbedek in die oond vir 40 minute of tot die vis gaar is. In my geval was die vis reeds half gaar en het ek dit gouer uitgehaal.
ADRIAN OLIVIER








