

HEATHER SE GEBRAAIDE RYS
Braai die volgende saam:
2 uie fyngekap
½ sampioene
1 groen soetrissie opgekap
½ teelepel knoffel, en ander groente as jy wil
5 eetlepels olyfolie
2 opgehoopte eetlepels botter
Voeg 1 ½ koppie droë rou rys by en braai tot begin verbruin, maar nie brand.
Voeg 3 ½ koppies aftreksel van jou keuse by. Ek gebruik seldery en hoender gemeng(die gourmet reeks by checkers). Dit bring mee dat jy nou amper genoeg sout in jou rys het, maar jy moet proe of jy bietjie wil bysit nader aan die gaartyd. Ek sit ook 1/3 teelepel groen chilliemengsel by. dit gee diepte en is opsioneel. Jy kan ook peper na smaak insit.
Kook tot lekker gaar is, maar nie te droog nie.
Resep en foto: Heather Strumpher






