CREPE BATTER / PANNEKOEK DEEG
½ koppie gesifte meel
1 teelepel suiker
½ teelepel sout
1 koppie melk
4 eiers
3 eetlepels botter of margarien, gesmelt en effe afgekoel
Meng meel, suiker en sout. Voeg eiers by en helfte van die melk. Klits met groot vurk totdat dit romerig is en voeg die res van die melk en gesmelte botter by.
Laat die mengsel ‘rus’ vir omtrent een uur in die yskas.
‘Cure’ pan in omtrent een eetlepel kookolie. Laat afkoel en vee uit met papierhandoek.
Draai vlam na net onder half. Begin met bak proses. Haal pan van vlam af as daar deeg ingegooi word. Bak pannekoeke mooi dun. Genoeg vir 25 pannekoeke.
As jy pan was in opwasmiddel moet dit weer ge-cure word met olie.
Eastwood Loftus Nel








