PANNEKOEK KLEUR WENK

2014-04-17-gekleurdepannekoek

PANNEKOEK KLEUR WENK
Nog ‘n idee met pannekoek:
Maak beslag aan, deel dit in kleiner bakkies.
Kleur met koekkleursel, kan ook geure bygooi, bak.
Gee vir kinders en jy hoor die beste kommentaar.

Groen proe soos appels, rooi soos waatlemoen, geel soos piesangs ens.
Kinders wat swak eet, eet meer want hul wil elke een proe.
Bron: Joey Brummer




SEEKOS GEVULDE PANNEKOEK

2014-04-01-seekosgevuldepannekoektested

SEEKOS GEVULDE PANNEKOEK
Resep en foto: Corne Liebenberg
FOOD LOVERS RECIPES
1 ui, fyn gesny
4 toontjies knoffel, fyn gesny
1 groen peper, blokkies gesny
½ teelepel rissie vlokkies
3 eetlepels botter
200 g gemengde seekosmengsel
100 g shrimp
300 ml melk
125 ml koekmeel
sout en swart peper na smaak
pietersielie na smaak

Braai die ui, knoffel, groen peper en rissie in die botter tot dit begin verkleur.
Voeg die seekosmengsel en ekstra shrimp by en braai lekker deur en voeg die meel by.
Voeg die melk bietjies, bietjies by om ‘n tipe witsous te maak.
Geur met sout, swartpeper en pietersielie
Dien op met baba tamaties, piekel knoffel, agurtjies en kappertjiesaad.

 




PANNEKOEK VULSEL

tested

PANNEKOEK VULSEL
Kan ek die pannekoek vulsel met jul deel!
Jy bak gewone dun pannekoeke met ‘n klein lepeltjie kaneelsuiker op en bere dit sodat dit kan koel word.
Dan meng jy in ‘n bak:
1 klein blikkie crushed pynappel
1 blik kondensmelk
500 ml room

Klits alles tot lekker styf, skep in ‘n mooi bakkie met ‘n lepel in, sit die pannekoeke op ‘n mooi bord en sit klein of groot borde op met mes en vurk. Laat gaste nou self die roommengsel op die helfte van die pannekoek smeer en vou toe soos ‘n driehoek en eet en eet en eet.
Geplaas deur Elizabeth Burger




LYNETTE SE “GEEN OMDRAAI” PANNEKOEK

FLR BB Yummieee!!tested
LYNETTE SE “GEEN OMDRAAI” PANNEKOEK
Almal soek altyd my pannekoek resep, so hier is dit:
250 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2 ml sout
2 eiers
200 ml melk
200 ml water
5 ml brandewyn
125 ml kookolie

Sif droë bestanddele saam. Klits eiers en melk en klits by meelmengsel tot glad. Voeg res van bestanddele by en klits tot dit ‘n dun, gladde mengsel is. As die pannekoeke lekker dun is, is dit net nodig om aan een kant te bak tot dit droog is bo-op. Strooi kaneelsuiker en geniet! Dit is ongelukkig te sag om suksesvol te vries, maar dit meng so vining mens kan maar gou aanmaak wanneer nodig. En dit bak baie vinnig aangesien mens nie hoef om te draai nie.

Lynette Jacobs Wasserman




PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM


PANNEKOEK LASAGNE MET ORIGANUM
Pannekoek:
500 ml meel
5 ml bakpoeier
500 ml melk
5 ml sout
2 eiers
15 ml sout

Sif die meel, sout en bakpoeier saam. Klits die eiers en melk saam, voeg by die meel en meng goed. Verhit ‘n bietjie olie in ‘n pan en pak pannekoeke. Lewer 12. Hou eenkant.

Vulsel:
30 ml olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 g spek, in klein stukkies gesny
500 g beesmaalvleis
Sout en peper
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blikkie (400 g) gekapte tamaties
5 ml suiker
15 ml blatjang
60 ml beesaftreksel
60 ml vars gekapte origanum of 30 ml droë
125 ml kaas
250 ml room

Verhit olie in ‘n kastrol en braai die ui en knoffel tot sag en geurig. Voeg die spek by en braai tot gaar. Voeg die maalvleis by, geur goed met sout en peper, en braai tot bruin en gaar. Voeg die tamatiepasta, gekapte tamaties, suiker, blatjang en aftreksel by. Bring tot kookpunt en laat prut vir 20 – 30 minute. Geur goed met sout, peper en origanum. Laat die maalvleis afkoel. Vul elke pannekoek met maalvleis en rol op. Pak styf langs mekaar in ‘n oondvaste bak. Strooi die kaas, gooi die room oor en bak in voorverhitte oond van 180’C vir 30 minute. Bedien saam met vars slaai.

Indien jy dit wil vries, vries dit sonder die room en bedek dit goed met kleefplastiek. Laat dit ontdooi voor jy dit bak.
Fyn hoender, tuna of varkmaalvleis kan ook gebruik word.
Bron: Marlize Willemse




HANLIE SE PANNEKOEK

 

pannekoek van dinetested

HANLIE SE PANNEKOEK
Ek gooi nooit bakpoeier in pannekoek nie.
1 koppie meel
1 koppie water of melk
1 eier
1 eetlepel olie
bietjie sout
Partymaal bietjie meer water, anders, klop die eierwit styf en vou dit in.

Meng goed en bak soos altyd.
Hanlie Grobbelaar




CREPE BATTER / PANNEKOEK DEEG

tested

CREPE BATTER / PANNEKOEK DEEG
½ koppie gesifte meel
1 teelepel suiker
½ teelepel sout
1 koppie melk
4 eiers
3 eetlepels botter of margarien, gesmelt en effe afgekoel

Meng meel, suiker en sout. Voeg eiers by en helfte van die melk. Klits met groot vurk totdat dit romerig is en voeg die res van die melk en gesmelte botter by.
Laat die mengsel ‘rus’ vir omtrent een uur in die yskas.
‘Cure’ pan in omtrent een eetlepel kookolie. Laat afkoel en vee uit met papierhandoek.
Draai vlam na net onder half. Begin met bak proses. Haal pan van vlam af as daar deeg ingegooi word. Bak pannekoeke mooi dun. Genoeg vir 25 pannekoeke.
As jy pan was in opwasmiddel moet dit weer ge-cure word met olie.
Eastwood Loftus Nel




TUNA VULSEL VIR PANNEKOEK

tested

TUNA VULSEL VIR PANNEKOEK
Die resep kan jy maak en vries vir later as jy mense kry. Bak jou pannekoek en maak die volgende vulsel:
1 koppie dik witsous
1 koppie kaas
1 klein blikkie Tuna met olie (ek gebruik groot blik tamatievis ook as ek nie tuna het nie)
gekapte pietersielie na smaak
1 gekapte ui
Meng alles goed deur skep in pannekoek en rol op sit in bakskottel en vries.

As jy dit wil eet, haal uit vrieskas en gooi die volgende sous oor, ek maak die sous gewoonlik dubbel aan vir so 12 pannekoeke:
1 koppie tamatiesous
1 koppie room
Meng en gooi oor gevriesde pannekoeke.
Plaas in voorverhitte oond 180°C en bak tot sous borrel en pannekoeke warm is.
Resep geplaas deur Stompie Theron Borman – gekry by my skoonsus Netta




BOEKWEITPANNEKOEK MET WARME BOSVRUGTE

boekweit pannekoek

BOEKWEITPANNEKOEK MET WARME BOSVRUGTE
Vir almal wat op die grammetjes let na al die suikerryke dae:
½ kop boekweitmeel
½ kop amandelmeel
snufje zout

Gooi een eier bij en meng goed. Daarna nog een eier en meng goed.
Voeg 150 ml amandelmelk geleidelik toe en meng goed. Ek het ook so eetlepel koud water bygegooi.
As dit goed gemeng is, ( gewoon met die hand goed klop) voeg 1 theelepel baksoda by en meng.
Voor bak so eetlepel olyfolie bygooi.
Die pannekoeken moet jy bietje dik gooi, alleen die eier bind dit goed. As dit bubbeltjes maak omdraai.
Bosvrugtecompote: Ek het gewoon verskillende rooi vrugte met dadelstroop op lae hitte gepruttel.
Eet smakelijk!
Lucille Coetzee-Kukkuk




LEKKER PANNEKOEK

pannekoektested

LEKKER PANNEKOEK
1 ½ koppies koekmeel
1 ml sout
5 ml bakpoeier
1 eier
15 ml kookolie
7 ml asyn of suurlemoensap
500 ml water (Ek vat 1½ koppie water en ½ koppie melk)

Meng alles goed saam en daar is jou deeg, ek spuit net Spray and Cook in my pan en dis so 12 pannekoeke.
Resep geplaas deur Roneel J V VuurenLambrechts
Foto geleen: Johan Coetzee