LEKKER PANNEKOEK
1 ½ koppies koekmeel
1 ml sout
5 ml bakpoeier
1 eier
15 ml kookolie
7 ml asyn of suurlemoensap
500 ml water (Ek vat 1½ koppie water en ½ koppie melk)
Meng alles goed saam en daar is jou deeg, ek spuit net Spray and Cook in my pan en dis so 12 pannekoeke.
Resep geplaas deur Roneel J V VuurenLambrechts
Foto geleen: Johan Coetzee








