

MARDI SE HOENDER MUFFINS
1 kg hoenderborsies, fyngemaal
4 eierwitte
1 ½ – 2 koppies gewone hawermout
½ teelepel gemaalde komyn
½ teelepel gedroogde tiemie
2 teelepels droë geel mostertpoeier
1 teelepel swartpeper
1 teelepel rissiepeper
1 teelepel sout
2 eetlepels gedroogte knoffel of 2 knoffelhuisies, gekneus
1 ui, gekap
4 selderystokkies (fyn gekap) Continue reading
Category Archives: Kosblikke/ Padkos / Lunch Boxes
VLEISPASTEITJIES MET SKON TIPE SLAPDEGIE
TUNA GEVULDE ROLLETJIES
TUNA GEVULDE ROLLETJIES
Bid dat jy mayonnaise, origanum, uie en geblikte tuna in die huis het.
Lekker vir kosblik ook.
So nie, draf maar weer kafee toe of stuur die kids.
Maak die blikkies tuna oop, dreineer die water/olie af.
Skep in mengbak.
Kap uie fyn, of vra die kids of man om dit te doen as jy bang is jou ogies gaan traan. Continue reading
BROODROLLETJIES VAN BROOD
snye brood
dun gesnyde ham
Dijon mosterd
gerasperde kaas
tandestokkies
geklitste eier
sout en peper Continue reading
VINNIGE KAASVULSELS VIR TOEBROODJIES


VINNIGE KAASVULSELS VIR TOEBROODJIES
Maaskaas/roomkaas, gemeng met een van die volgende bestanddele:
heuning, tamatiesous, vissmeer, gekapte eier, gaar geurige maalvleis, gekapte ui en piekels.
Maaskaas, gemeng met gerasperde kaas, gekapte radys en komkommer of agurkies en mayonnasie.
Gerasperde kaas, gemeng met toebroodjiesmeer, saam met ‘n slaaiblaar.
Gekrummelde bloukaas, gemeng met toebroodjiesmeer.
Krummelmaaskaas (gegeur of ongegeur), gemeng met toebroodjiesmeer, saam met ‘n skyfie salami (veral op rogbrood).
Skyfies mozzarellakaas, salami en tamatie op rogbrood. Komkommer en blaarslaai is ook lekker hiermee saam.
VINNIGE EIERVULSELS

VINNIGE EIERVULSELS
Roereier, gemeng met ‘n bietjie mayonnaise en ‘n bietjie
tamatiesous, of roereier en tamatieskyfies.
Fyn gekapte hard gekookte eier, gemeng met brosgebraaide spekvleis en
aangeklam met ‘n bietjie slaaisous of mayonnaise.
Fyngemaakte hard gekookte eier, gemeng met aangemaakte mosterd.
Hard gekookte eierskyfies, komkommerskyfies en toebroodjiesmeer.
Wenk: ‘n Hard gekookte eier bly langer goed as dit nie afgedop word
nie.
Hard gekookte eiers kan vir ‘n paar dae in die yskas gebêre word.
VINNIGE VLEISVULSELS VIR BROODJIES

VINNIGE VLEISVULSELS VIR BROODJIES
Skyfies koue bees-, lams-, vark- of hoendervleis gemarineer in
Franse slaaisous, saam met slaaibestanddele.
Koue bobotie saam met blatjang en piesangskyfies.
Gerasperde biltong, aangeklam met ‘n bietjie aangemaakte mosterd.
Gekapte Weense worsies, gemeng met aangemaakte mosterd en
mayonnaise.
Fyngekapte ham, gemeng met gekapte, ingemaakte pynappel en
mayonnaise.
Lewerpatee, tamatieskyfies en blaar slaai. Continue reading
BOSBESSIE EN SAAD STAFIES


BOSBESSIE EN SAAD STAFIES
Ek het hierdie resep op ‘n TV program vroeër in die jaar gesien – kan nie onthou watter ene nie en dit nou uiteindelik gemaak. Dit is woes lekker vir kosblikke of sommer net ‘n snackie as die hongermonster ontydig is!
250 ml geroosterde muesli (ek gebruik Nature’s Source Crispy Crunch – Whole rolled oats and toasted rice)
750 ml Rice Krispies
125 ml klapper
60 ml sonneblom sade
60 ml geroosterde sesamsade
100 g gedroogde bosbessies (cranberries) of enige ander droë vrugte na smaak Continue reading
GRONDBOONTJIEBOTTER EN MUESLIBLOKKIES

GRONDBOONTJIEBOTTER EN MUESLIBLOKKIES
Propvol proteïene en vesel.
125 ml klapper
1 blik kondensmelk
750 ml geroosterde muesli
250 ml pofrys (Rice Crispies)
60 ml heuning
60 ml grondboontjiebotter
60 ml sagte botter
125 ml ongesoute grondbone, gerooster en grof gekap
250 ml versiersuiker Continue reading
MAX SE RATATOUILLE-ROL


MAX SE RATATOUILLE-ROL
Ons het dié ‘Ratatouille-rol’ vandag by ons braai bedien, met mengelslaai en ‘n avokado- en roomkaasslaaisous. Hoop julle kan dit ook geniet soos ons dit geniet het. Berei Ratatouille vooraf na smaak.
Braai saam in olyfolie:
1 rooiui, opgekap
bietjie knoffel en gemmer
1 eiervrug, opgesny, sny in skywe vooraf, besprinkel met sout, laat staan 30 minute en spoel af
1 elk rooi, groen en geel soetrissie, opgekap
2 – 3 gekapte tamaties
Ricotta of gerasperde Cheddar
Na al die bestandele saamgebraai is, laat dit ‘n ruk stowe tot sag.
Laat die mengsel afkoel en voeg kase van eie keuse by die mengsel.
Continue reading








