MARLIZE SE BROODJIE MUFFINS
Terug skool toe môre. 😏 Nou begin die kos insit weer. My seun hou nie van toebroodjies nie.
Ek hou oorskiet vleis, hoender etc in klein bakkies in die deep freeze.
Rol snye brood uit.
Druk sirkels uit.
Sit in muffin pannetjie.
Ek sit dit solank in die oond by 180 ºC terwyl ek die eiers klits.
Klits so 3 eiers met so 100 ml room, sout en peper.
Skep lepels vol vulsel van jou keuse op sirkels.
Gooi eier mengsel oor.
Strooi kaas oor. Bak so 15 minute.
Foto en resep: Marlize Williams