
HOENDER-EN-MIELIE-KOEKIES
2 eiers
250 ml (1 koppie) oorskiet-hoendervleis, gesnipper
250 ml (1 koppie) suikermielies
2.5 ml (½ teelepel) sout
1 ml (¼ teelepel) peper
125 ml (½ koppie) koekmeel
olie
Klits die eiers goed.
Voeg die hoendervleis en suikermielies by.
Voeg die sout, peper en koekmeel by. Meng dit goed.
Skep lepelsvol in diep, warm olie en braai dit goudbruin. Ideaal vir kosblikke. Afgekoel.
Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse






