
HOENDERKROKETTE
15 ml (1 eetlepel) botter
15 ml (1 eetlepel) meelblom
250 ml (1 koppie) melk of hoenderaftreksel
375 g (1 ½ koppie) hoendervleis, gemaal
15 ml (1 eetlepel) pietersielie, fyn gekap
2.5 ml (½ teelepel) neutmuskaat
2 hardgekookte eiers, fyngekap
1 ml (¼ teelepel) sout
koekmeel, vir rol
1 eier, geklits
fyn broodkrummels
olie
Smelt botter. Verwyder kastrol van hitte.
Voeg meelblom by en roer tot goed met botter gemeng is.
Voeg melk of aftreksel by.
Plaas terug op stoof en verhit oor medium hitte tot dik, glad en gaar.
Meng hoendervleis, pietersielie, neutmuskaat, fyn gekapte eiers en sout by.
Voeg die sous by die vleismengsel en meng dit goed.
Vorm balletjie van die vleis.
Rol dit in ‘n bietjie meelblom, dan in geklitste eier en daarna in die fyn broodkrummels.
Braai dit in warm olie tot goudbruin. Laat goed afkoel voor in kosblikke pak. Heerlik vir kosblikke!
Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse






