
WORSNESSIES
250 ml (1 koppie) bruismeel
1 ml (¼ teelepel) sout
250 ml (1 koppie) gerasperde kaas
1 eier
melk
gaar wors
Stel die oond op 180°C (350°F).
Sif die bruismeel en sout saam en voeg die kaas by.
Klits die eier en voeg dit by. Maak dit verder aan met melk om ‘n stywe deeg te vorm wat met ‘n lepel geskep kan word.
Skep die deeg in gesmeerde kolwyntjiepanne en druk ‘n stukkie wors in die middel van elkeen.
Bak dit 15 tot 20 minute lank in ‘n voorverhitte oond! Beste kosblikhappie ooit!
Resep geplaas deur Petronella Kleintjie Botha Pieterse






