

MAX SE RATATOUILLE-ROL
Ons het dié ‘Ratatouille-rol’ vandag by ons braai bedien, met mengelslaai en ‘n avokado- en roomkaasslaaisous. Hoop julle kan dit ook geniet soos ons dit geniet het. Berei Ratatouille vooraf na smaak.
Braai saam in olyfolie:
1 rooiui, opgekap
bietjie knoffel en gemmer
1 eiervrug, opgesny, sny in skywe vooraf, besprinkel met sout, laat staan 30 minute en spoel af
1 elk rooi, groen en geel soetrissie, opgekap
2 – 3 gekapte tamaties
Ricotta of gerasperde Cheddar
Na al die bestandele saamgebraai is, laat dit ‘n ruk stowe tot sag.
Laat die mengsel afkoel en voeg kase van eie keuse by die mengsel.
Rol 1 “Cheese and Herb” blaardeeg bietjie dunner uit, behou die vierkant vorm.
Deel die vierkant in twee (anders hanteer dit te moelik).
Smeer die ratatouille mildelik oor die twee helftes deeg, nie tot op die rante wat moet heg nie en rol die gevulde deeg op.
Smeer water op die twee dele wat moet heg en plaas die naat na onder op ‘n gesmeerde bakplaat.
Smeer die deegrolle met geklitste eier en besprinkel met saadjies (opsioneel) en bak vir 45 – 60 minute teen 180° C.
Plaas die rolle op ‘n mooi opdienbord en garneer na smaak met vars kruieblare.
Sny in skywe en bedien met enige bykoss van jou keuse. Dit is heerlik!!!
Nota: Partykeer sny ons dit eers in wiele voor dit gebak word, smeer met geklitse eier en bak vir omtrent 20 – 30 minute en geniet.
Resep: Helene Kluge
One thought on “MAX SE RATATOUILLE-ROL”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done