
BILTONG EN BROOD KOSBLIKKIES
Bruinbroodjie met ham en kaas. Droëwors, springmielies, komkommer, druiwe en yoghurt
Elize Van Wyk
Category Archives: Kosblikke/ Padkos / Lunch Boxes
Die Oorlewingsblik (wenner)
Nog 3 kosblikke om te gaan… hierdie een ingesluit, vanaand iets alternatiefs ingesit, my matriek seun se broodjie het vandag ongeeet teruggekom, hy glo nou al teveel brood geeet in sy skoolloopbaan toe doen ek gou so… smackeroos, samoosas, hoender balletjies en groenterolletjies , ek het n pienk sousie gemeng en in n klein plastieke bakkie gegooi, kosblik 2 het kaas stokkies, n kasie en droee wors in, so Hanno Roos, lekker eet more!
Marcelle Pieterse
Driehoek kaas toasties
Driehoek kaas toasties met perske, koekie, stokkielekker en yoghurt.
VENITA NOLTE
Ferb kosblikkie
Grondboontjie botter en stroop Ferb toebroodjie, kaas, rosyne, komkommer, wortel, aarbeie, druiwe, biltong en yoghurt (Bento box idee gewees)
ELIZE VAN WYK
Gesonde kosblikkie
Koolslaai, weense worsie en kaas stokkies, soutkoekies en n appel
ELIZE VAN WYK
HAM EN KAAS MUFFIN KOSBLIK
Ham en kaas muffins nou gebak vir kids se kosblikke more
Hul kosbakke vir vandag Het nog kaas op die muffins gesit
Anita Yolanda Le Roux
Nie nodig om glutenvry te maak nie gebruik gewone meel
https://foodloversrecipes.com/ham-en-kaas-muffins-glutenvry/
TROPIESE PIESANGBROOD


TROPIESE PIESANGBROOD
250 ml rosyne
45 ml lemoensap
125 ml bruinsuiker
500 ml fyngedrukte piesang
2 ml sout
425 g pynappelstukkies, sonder sap
125 g botter
1 eier geklits
500 ml bruismeel
5 ml gemengde speserye Continue reading
NO BAKE GOJI BERRY GRANOLA BARS
PIESANG, HAWERMOUT EN CHOCOLATE CHIP KOEKIES
PIESANG, HAWERMOUT EN CHOCOLATE CHIP KOEKIES
3 fyngedrukte piesangs
⅓ koppie appel sous
2 koppies hawermout
¼ koppie amandel melk of gewone melk
½ koppie donker chocolate chips
1 teelepel vanilla
1 teelepel kaneel
Voorvehit die oond op 180°C.
Meng al die bestanddele saam.
Bak vir 15 – 20 minute.
Resep en foto: Nadia Thölix
SNACKWICH BROODJIES VAN OORSKIET GROENTE
SNACKWICH BROODJIES VAN OORSKIET GROENTE
Moet vir julle vertel wat hier aangaan. Het nie brood in die huis vanaand nie, kyk in die broodblik en daar is net 1 snytjie en korsies. Adam sal trots wees op my. Oorskiet wortels en aartappels, gemash, eier en so vier eetlepels bruismeel, gekapte pietersielie en aromat bygesit en in die snackwish gevul met ham, kaas, tamatie, avo en blaarslaai. Dit is more Andre se kosblik!
Martie Fourie Moolman










