Hier is ‘n kosblik vir skoolkinders. Nogal baie gewild, vinnig en maklik. Ek sien dis die inding vir baaaie mense, die inhoud kan dalk net meer wees en ek glo nie dit word altyd in ‘n kosblikkie verpak nie.
Meisie Hattingh
Die alledaagse kosblik. Niks snaaks maar maak dit anders dis altyd lekker.
Ek het n vetkoek deeg broodjie in gesit met Tamatie en Kaas. Dit raak ook later afgesaag. Nou ja die kaas het bietjie gesmelt toe ek die warm gemaakte russians in sit en soos altyd weer rond geskuif. Tamatie verkieslik vars op die brood by die werk anders gaan alles pap word of jy moet die broodjie baie vroeg eet as jy die tamatie by die huis op gesit het. Saam het ek n paar stukkies gerookte Russians in en toe koop ek vir my n pakkie chips. Gebruik jou gunsteling en pak chips tussen die kaas en die tamatie en eet dit so saam met die Russian of enige iets anders vleiserig.
Koos van der Merwe
LINKS:
KAMMA SAMPIOENE
Maak 3 aartappels gaar met die skil (in mikrogolf of kook op stoof) tot amper gaar. Laat effens afkoel en maak nou ‘n tonnel deur elke aartappel met ‘n appelboor. Skil die aartappels en sny elkeen in 1½ – 2cm ringe (die afval stukkies kan in sop of bredie gebruik word). Steek ‘n gaar stukkie worsie (Weense, skaap of net wat jy wil) in die gaatjie sodat ‘n stukkie wors bo uitsteek (vir die steel van die ‘sampioen’); (die worsie moet redelik styf in die tonnel pas). Draai ‘n repie spekvleis om elke aartappelring en besprinkel met gerasperde kaas. Bak 15 – 20 minute totdat spekvleis bruin is. Continue reading→
You cannot copy content of this page
