LINKS:
KAMMA SAMPIOENE
Maak 3 aartappels gaar met die skil (in mikrogolf of kook op stoof) tot amper gaar. Laat effens afkoel en maak nou ‘n tonnel deur elke aartappel met ‘n appelboor. Skil die aartappels en sny elkeen in 1½ – 2cm ringe (die afval stukkies kan in sop of bredie gebruik word). Steek ‘n gaar stukkie worsie (Weense, skaap of net wat jy wil) in die gaatjie sodat ‘n stukkie wors bo uitsteek (vir die steel van die ‘sampioen’); (die worsie moet redelik styf in die tonnel pas). Draai ‘n repie spekvleis om elke aartappelring en besprinkel met gerasperde kaas. Bak 15 – 20 minute totdat spekvleis bruin is.
REGS:
VRUGTE-LEKKERS
Ryg allerhande soorte vrugte (aarbeie – in twee gesny en stingels verwyder, druiwe – sonder pitte, spenspekblokkies, ….) beurtelings met nougatblokkies op cocktail stokkies en siedaar jy het ‘n treat vir die jong mensies.
Kosblik idees: Hélène Kluge







