SNACKWICH BROODJIES VAN OORSKIET GROENTE
Moet vir julle vertel wat hier aangaan. Het nie brood in die huis vanaand nie, kyk in die broodblik en daar is net 1 snytjie en korsies. Adam sal trots wees op my. Oorskiet wortels en aartappels, gemash, eier en so vier eetlepels bruismeel, gekapte pietersielie en aromat bygesit en in die snackwish gevul met ham, kaas, tamatie, avo en blaarslaai. Dit is more Andre se kosblik!
Martie Fourie Moolman








