‘n Ware wenkombinasie. Wees net versigtig wanneer jy die sout byvoeg, want fetakaas is souterig.
18 tertjies
350 g klaar opgesnyde pampoenblokke
30 ml olyfolie
3 velle blaardeeg
370 g fetakaas, gekrummel
sout en varsgemaalde swartpeper
3 eiers
200 ml room
Verhit oond tot 200 °C. Voer ’n bakplaat uit met bakpapier (sien bl. 64). Sny diepampoenblokke in klein blokkies van sowat 1 cm. Plaas blokkies op bakplaat en sprei uit. Gooi olyfolie oor en plaas in oond. Oondbraai sowat 30 minute tot sag. Haal uit en hou eenkant.
2 Voer 3 vlak muffinpannetjies uit met blaardeeg.
3 Skep fetakaas in 18 uitgevoerde holtes. Skep gaar pampoen bo-op en geur goed.
4 Klits eiers en room saam. Skep eiermengsel op vulsel en bak sowat 35 – 40 minute in warm oond. Haal uit en sit warm voor.
Foto: Gideon Louw