

TROPIESE PIESANGBROOD
250 ml rosyne
45 ml lemoensap
125 ml bruinsuiker
500 ml fyngedrukte piesang
2 ml sout
425 g pynappelstukkies, sonder sap
125 g botter
1 eier geklits
500 ml bruismeel
5 ml gemengde speserye
Voorverhit die oond tot 180°C. Meng die rosyne, pynappel en lemoensap in afsonderlike bak. Klits botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg dan die eier en fyngemaakte piesang by. Sif die meel, sout, en gemengde speserye. Voeg die piesangmengsel by en meng dan die geweekte rosyne en pynappel by! Plaas in ‘n gesmeerde broodpannetjie en bak 1 uur tot goudbruin en gaar!!!
FOTO: Benhet Nieuwenhuis







Hierdie is ‘n heerlike broodjie!
mens proe nie regtig die piesang so sterk nie, maar die pynappel doen defnitief daardie ietsie! 😉