VERSKILLENDE CHILLI SOUSE
SOET-CHILLI-SOUS
75 g rooi rissies, ontpit (pas die hoeveelheid aan as jy dit nie baie warm wil he nie – hy brand nogal)
6 knoffelhuisies, geskil
3 cm stuk gemmer, gerasper
2 appels, geskil en ontpit
1 x 400g blik gekapte tamaties
125 ml asyn
500 ml suiker
125 ml water
Sout na smaak
Meng al die bestanddele in pan en verhit stadig tot suiker gesmelt is.
Laat mengsel kook en prut ongeveer 10 min – roer af en toe. Maak mengsel fyn en voeg sout by na smaak. Bring mengsel terug na stoof en kook weer 10 min.
Gooi in gesteriliseerde bottels en verseël
XXX HOT-CHILLI-SOUS
500 g rooi brandrissies
3 uie gekap
6 knoffelhuisies gekneus
750 g appelkooskonfyt [groot blik]
2 ½ koppies asyn
1 bottel *All Gold Tamatiesous
1 teelepel mosterdpoeier
2 teelepel komyn
2 teelepel paprika
1 teelepel seldery-saad
½ teelepel rooi peper
¼ teelepel fyn koljander
2 teelepel vars gekapte gemmer
4 koppies water
Plaas groente in jou voedselverwerker en kap grof fyn.
Kook vir ongeveer 45 min-50min stadig tot mooi blink
N.S Roer sodat dit nie aanbrand nie..Baie *HOT* en lekker
Martie Fourie Moolman
LEKKER CHILLI SOUSIE
Het verlede jaar soveel chillies gehad en alles daarmee gemaak wat ek kon, toe hierdie resep myself gepraktiseer en het dit nou weer gemaak,
probeer dit.
12 rissies (jy kan meer gebruik) die is ‘n klein hoeveelheid jy kan dit vermeerder.
2 uie gekap
5 vet knoffelhuisies gekap
1 ½ koppies asyn
1 koppie olie
1 blik gekapte tamaties
sout
1 teelepel fyn komyn
1 teelepel fyn gemmer
1 teelepel all spice
1 teelepel naeltjies fyn
1 eetlepel selderysout
¾ koppie suiker
1 ½ koppies water
Kook alles saam vir 20 min en wizz, bottel.








