
GRONDBOONTJIEBOTTER EN MUESLIBLOKKIES
Propvol proteïene en vesel.
125 ml klapper
1 blik kondensmelk
750 ml geroosterde muesli
250 ml pofrys (Rice Crispies)
60 ml heuning
60 ml grondboontjiebotter
60 ml sagte botter
125 ml ongesoute grondbone, gerooster en grof gekap
250 ml versiersuiker
Smeer ‘n pan van 200 mm x 300 mm met botter en voer die bodem en kante uit met bakpapier. Sprinkel die helfte van die klapper egalig oor die bodem van die pan. Meng die res van die bestanddele (behalwe die orige klapper) in ‘n kastrol en verhit stadig tot kookpunt. Laat prut liggies vir ongeveer 15 minute, terwyl geroer word, tot dik. Skep op die klapper in die pan en versprei egalig. Sprinkel die orige klapper bo-oor en druk dit effens met jou hande op die grondboontjiemengsel vas. Bedek, en verkoel tot ferm. Sny in blokkies. Lewer ongeveer 20 blokkies.






