TUNA GEVULDE ROLLETJIES
Bid dat jy mayonnaise, origanum, uie en geblikte tuna in die huis het.
Lekker vir kosblik ook.
So nie, draf maar weer kafee toe of stuur die kids.
Maak die blikkies tuna oop, dreineer die water/olie af.
Skep in mengbak.
Kap uie fyn, of vra die kids of man om dit te doen as jy bang is jou ogies gaan traan.
Meng die mayonnaise, origanum en ui daarby.
Maak ‘n gatjie in die rolletjie en hol die broodrolletjies uit. Moet nou nie te wild tekere gaan nie, want anders breek jy die rolletjie.
Vul die uitgeholde broodrolletjie met die gemengde tuna en rasper kaas oor die gatjie.
Gee die res van die uitgeholde brood vir die kids om te eet as hulle vreeslik honger is of gee dit vir die voeltjies wat ook honger is of die hond.
Idee Marie Rheeder Troskie








