MIKROGOLF SOUSKLUITJIES
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoer
¼ teelepel sout
2 eetlepels margarine
1 eier
¼ koppie melk
Die twee eetlepels botter is vir die sous later.
Maak deeg aan nie te styf nie.
Maak 3 koppies kookwater en 5 eetlepels suiker aan.
Maak warm in mikrogolf, dit is vir die sous so ±3 tot 4 minute.
Skep lepels vol deeg in die die sous en bak vir so 3 tot 4 minute met deksel op in mikrogolf.
Skep kluitjies uit en verdik die sousie met 2 eetlepels botter en kaneel vir ‘n verdere paar minute, skep oor die kluitjies.
Foto en resep: Marie Rheeder Troskie








