BASILIEKRUID PESTO
1 liter vars basiliekruid, taamlik styf ingedruk
2-3 knoffelhuisies
Sout na smaak
25 g dennepitte
25 g of meer gerasperde parmesaankaas
100 ml olyfolie
Category Archives: Inmaak & Inlê/Canning
KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG
BEETSLAAI-KERRIE BEETBLATJANG
6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
2 uie, gekap
2 koppies suiker
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 teelepel sout
Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het. Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute. Sit kerrie en sout by en kook 5 min, sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Bottel warm in gesteriliseerde potjies.
nota: ek gooi so halwe koppie sweet chilli sous in vir ‘n lekker ekstra smakie. Continue reading
BEET BLATJANG
BEET BLATJANG
10 Groterige Beet. Dit maak omtrent 6 koppies gaar blokkies.
kook tot sag, trek skilletjie af, en sny in klein blokkies, en hou eenkant.
Kerf 3 uie nie te fyn nie, maar ook nie te grof nie.
Plaas beet, uie en 250 gram sultanas in pot saam met
2 koppies asyn
3 koppies suiker Continue reading
SOET GEPEKELDE UIE
SOET GEPEKELDE UIE
Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op ‘n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn, maak nie saak wat die resep sê nie). Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is, pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) giet die kokende asyn oor en bottel. Ek maak ook ander groente so in, blomkool en wortelrepies is besonder lekker.
RESEP: Riana Viljoen Continue reading
SMEER PERSKES EN MANGO’S
GEDROOGTE MANGO’S (SMEER MANGO’S)
Resep: Lekker vir later
FOOD LOVERS RECIPES
Skil die mango’s en sny die vleis van die pitte af. Verulp die vleis en smeer dit op bakplate wat met waspapier gevoer is. Plaas dit in die son om te droog. Namate die pulp droog word, word vars mango pulp bo-oor gesmeer totdat dit ongeveer 1cm dik is. Wanneer die pulp droog is, word dit opgerol en in stukke gesny. Continue reading
PICKLED CHILLIES – GEPEKELDE RISSIES
PICKLED CHILLIES – GEPEKELDE RISSIES
Ek pickle gereeld my eie chillies:
Koop vars Jalapenos chillies spoel af, pak in bottels saam met die volgende:
1 knoffelhuisie (gekeneus)
1 eetlepel Roberson se pickling spice (boksie)
1 eetlepel suiker
1 teelepel sout
1 lourier blaar
Bring bruinasyn tot amper koopunt en giet oor die chillies! Verseël en berê vir ‘n maand voor jy dit gebruik! (Top asyn weekliks op todat die chillies dit nie meer ”opdrink” nie)
Resep: Christabel Garisch
Foto: Ellen Minnie
MURGPAMPOENTJIE PIEKELS
MURGPAMPOENTJIE PIEKELS
1,6 kg murgpampoentjies, ringe gesny (baby marrow)
5 knoffel huisies, gekneus
3-4 rissies, fyngesny
2 koppies suiker
2 koppies asyn
1 teelepel pickling spice
1 teelepel sout
Laat gesnyde myrgpampoentjies oornag in soutwater lê. Spoel volgende oggend goed af. Sit in kastrol en voeg res van bestanddele by. Kook tot deurskynend. Bottel warm.
Resep: Marthie Grobler
Foto: Marietjie Meraai Prinsloo – Net meer Rissie ingesit en my knoffel net kleiner gesny
GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepelgemaalde koljander
1 teelepel rooipeper
¼ koppie asyn Continue reading
MRS JENNY B’S CHUTNEY
Cooking time 1 ¼ – 1 ½ hours
Makes 7 x 450g jam jars
1 kg apples (after peeling and coring) – I use sour apples
500 g onions
1 kg plums or prunes
750 g tomatoes (green or red – peel red)
100 g preserved ginger Continue reading














