GEDROOGTE APPELKOOSBLATJANG
250 g gedroogde appelkose, rof gekap
1 handvol ontpitte rosyne
½ ui, fyn gekap
125 ml bruinsuiker
1 teelepel sout
1 teelepel gemaalde gemmer
½ teelepelgemaalde koljander
1 teelepel rooipeper
¼ koppie asyn
Braai die ui in ‘n bietjie olie tot deurskynened. Voeg die speserye by en braai vir ‘n paar minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut totdat die appelkose sag is Bedien met die vetkoek en bobotiemaalvleis of skep in gesteriliseerde flesse.
RESEP: Lynette Knoetzen








