LAMSBLAD IN DIE OOND GEBAK
Neem ‘n lamsblad en besprinkel goed met sout, swart peper en kruie van jou keuse soos roosmaryn ens.
Neem ‘n ½ bottel Ina Paarman “creamy salad dressing” en meng dit met ongeveer 30ml balsamiese asyn.
Sny ‘n groot ui fyn. Plaas die vleis in ‘n kasserol met deksel, sprinkel die fyn ui en sous oor die vleis, sit die deksel op en bak in die oond teen 160 ºC vir ongeveer 2.5 ure.
Draai gereeld om en so uur voor die einde van die bak tyd kan jy aartappels bysit indien verkies.
Resep en foto: Rina Kleinhans








