LAMSBLAD IN DIE OOND GEBAK
Neem ‘n lamsblad en gooi lekker sout, swart peper en kruie van jou keuse soos roosmaryn oor die blad.
Neem ‘n halwe bottel Ina Paarman creamy salad dressing en meng dit met ongeveer 30ml balsamiese asyn.
Sny ‘n lekker groot ui fyn, plaas nou die vleis in ‘n kasserol met deksel, gooi die fyn ui en sous oor die vleis , sit die deksel op en bak in die oond teen 160 grade C vir ongeveer 2.5 ure. Draai gereeld om en so uur voor die einde van die bak tyd kan mens aartappels bysit indien verkies.
Resep en foto: Rina Kleinhans