6 – 8 koppies gaar beet, in blokkies gesny of gerasper
2 uie, gekap
2 koppies suiker
2 koppies asyn
3 eetlepels Maizena (maak aan met bietjie lou water)
1 eetlepel matige kerriepoeier
1 teelepel sout
Meng suiker en asyn, kook matig en roer tot suiker opgelos het. Voeg uie en beet by en kook vir 10 minute. Sit kerrie en sout by en kook 5 min, sit die aangemaakte Maizena by en kook net deur.
Bottel warm in gesteriliseerde potjies.
nota: ek gooi so halwe koppie sweet chilli sous in vir ‘n lekker ekstra smakie.
Nota: Louise Groenewald
Ek het dit ook gister gemaak. Ek het ook die sweet chilli bygesit. Ek het 4 groot potte en 3 kleintjies op 3 kg beet uitgekry. Dalk kan jy dit by die resep sit as ‘n riglyn Rina? Mens wonder mos altyd “hoeveel gaan jy uitkry”.
1ste FOTO: Louise Groenewald
2de FOTO: Marié Fourie
BRON: (Tannie Sarie Kleu Kareedouw)
Resep aangepas deur Rina Kleinhans










geskuif