

KERRIE SULTANAS – SULTANA BLATJANG
2.5 kg ryp gekorrelde sultanas
1.2 kg uie, fyn gekap
1 kg wit suiker
1125 ml wit asyn (1.5 bottels)
1 eetlepel sout
1 eetlepel gemmer
1 eetlepel kerriepoeier
1 eetlepel borrie
1 eetlepel naeltjies
2 eelepels wonderpeper
2 eetlepels koljander
60 ml maizena (gebruik meer vir n dikker konsistensie, ek gebruik dubbel, anders is dit baie loperig)
Bind die speserye in ‘n lap sakkie toe.
Kook die suiker, asyn, sout, kruie en uie saam (mens kans die speserye direk in die stroop kook, maar dan kleur dit die sultanas baie donker en word die blatjang baie sterker).
Voeg die sultanas by die kokende stroop en kook tot gaar (20 -30 min).
Maak die mielieblom met ‘n bietjie asyn aan en voeg by die sultana mengsel terwyl geroer word.
Kook deur en bottel in warm, gesteriliseerde flesse.
Annette Swanepoel
(tannie Ria Myburgh, Kanoneiland)
Foto: Johan Coetzee







geskuif