SOET GEPEKELDE UIE
Ek gebruik net bloot 1 koppie suiker op ‘n bottel asyn (ek gebruik net swart druiwe-asyn, maak nie saak wat die resep sê nie). Dit kook ek saam tot die suiker opgelos is, pak die bottels vol klein piekeluitjies (het ook-al uieringe gebruik by gebrek aan piekels) giet die kokende asyn oor en bottel. Ek maak ook ander groente so in, blomkool en wortelrepies is besonder lekker.
RESEP: Riana Viljoen
Heidi Minnaar Serfontein se resep:
Hier is ‘n baie maklike een vir jou.
2 kg uie
½ bottel witasyn
2 eetlepel kerriepoeier
1 teelepel sout
3 koppies suiker
Kook tot uie begin sag word, nie pap, voeg 4 eetlepels maizena by.
Kook 1 min en bottel warm.
Geniet








