GEDROOGTE MANGO’S (SMEER MANGO’S)
Resep: Lekker vir later
FOOD LOVERS RECIPES
Skil die mango’s en sny die vleis van die pitte af. Verulp die vleis en smeer dit op bakplate wat met waspapier gevoer is. Plaas dit in die son om te droog. Namate die pulp droog word, word vars mango pulp bo-oor gesmeer totdat dit ongeveer 1cm dik is. Wanneer die pulp droog is, word dit opgerol en in stukke gesny.
SMEERPERSKES , ONGEKOOK
Halveer en ontpit ryp perskes. Maal die vrugte en voeg ‘n bietjie heuning en ‘n knippie sout by. Smeer die mengsel 5mm dik op gesmeerde botterpapier en laat in die son droog word. Beskerm teen vliee en sand. Smeer ‘n dun lagie heuning oor die droë smeer en rol dit Op. Strooi wit suiker oor die rolle, draai dit in waspapier toe en berê dit in lugdigte flesse of blikke.
GEKOOKTE SMEERPERSKES
Halveer en ontpit ryp perskes en sny in stukke. Verpulp die stukke en verhit tot kookpunt, roer net af en toe. Of kook die stukke in klein bietjie water tot sag, dreineer en vryf die warm vrugte deur ‘n sif. Meet die hoeveelheid puree. Voeg by elke 250 ml puree 50 g wit suiker. Verhit dit stadig tot kookpunt en roer aan die begin tot die suiker opgelos is. Kook mengsel ‘n minuut of twee. Smeer mengsel dun op bakplate wat met botterpapier uitgele is. Beskerm teen vliee en sand en plaas dit bedags in die son om droog te word, maar hou snags in die huis.
Dit kan ook in die oond by 60 °C gedroog word. Rol die perskesmeer op sodra dit droog is en strooi wit suiker oor. Draai elke rol in waspapier toe.







