

LEKKER SKAAPNEK BREDIE
Saag die nek in skywe.
Bruin die vleis in ‘n swaar pan in bietjie olie
Haal vleis uit en sweet ‘n meduim ui en 15 ml kerriepoeier vir 3 min.
Voeg die volgende by:
15 ml koekmeel
5 ml sout
2 naeltjies
125 ml blatjang
Maak 50 ml suurlemoensap en 250 ml vleisaftreksel warm en sit saam met die nek terug in die pot.
Sit deksel op en prut vir een en ‘n half uur tot vleis sag is.
20 Minute voor dit bedien word, sit jy 1 groenappel wat in wiggies gesny is by en een Pynappel wat in blokkies gesny is, asook ‘n opgesnyde Piesang.
Resep en foto: Beatrice Trisha Diepold
Category Archives: Bredies / Stews
SKAAPNEKBREDIE


SKAAPNEKBREDIE
Ek was vandag lus vir kos soos my ma kos gemaak het. Hier is ‘n heerlike eenpot skaapnek bredie. Ek het uie en knoffel gebraai in my gewone stoompot, toe sit ek die skaapnek stukke by en braai alles lekker.
Voeg kook water by en roosmaryn, bietjie tiemie, en kruie na smaak, nie sout nie.
Maak die stoompot toe en laat stoom vir so ongeveer 15min. Maak oop en sit jou klein wortelstjies, groenbone en halwe aartappels by.
Sit ook so paar songedroogte tamaties in, indien verkies.
Maak toe en stoom vir 10 min.
Draai plaat baie stadig en voel of alles sag en gaar is, maak dikker met bisto/meel mengsel, laat stadig prut vir so 5 min.
Proe nou vir die sout en voeg sout en swart peper by na smaak.
Bedien met rys en beetslaai
Resep en foto: Rina Kleinhans
SHARON’S TOMATO STEW
SHARON’S TOMATO STEW
Recipe and photo: Sharon Naude
FOOD LOVERS RECIPES
1.5 kg potjie meat or stewing meat (beef)
1 onion
1 teaspoon crush garlic (store bought)
1 beef stock cube mix with 700ml hot water
4 medium potatoes cut into quaters
1 can of All Gold Tomato puree (410 g)
1 packet All Gold Tomato Paste (100 g)
30 – 60 ml original Mrs Balls Chutney (taste)
approx ½ cup of brown sugar. (you might want to add less …taste) Continue reading
TOMATO STEW
TOMATO STEW
Lamb ribs
Potatoes
Mixed vegetables
Gloves (a few)
1 cup tomato paste (all gold)
Cream of tomato soup powder
Salt
Cook lamb ribs with gloves until soft.
Layer potatoes aswell as mixed vegetables and cook until soft.
When soft mix the tomato paste with water and sugar and add to the meat, potatoes and mixed vegetables.
Simmer for a few minutes.
Add cream of tomato soup powder and simmer for another 10 minutes.
Serve with white rice and garnish with beetroot salad. ENJOY!! it’s quick and easy.
Recipe and photo: Brenda Maasdorp
TOMATO BREDIE WITH DUMPLINGS


TOMATO BREDIE WITH DUMPLINGS
1 onion, chopped
1 teaspoon garlic
Lamb meat cut in cubes
Bit of water – cook until meat is brown. Add one tin of chopped tomatoes and one sachet of tomato puree. Stir well and simmer for 5min. Add your cubed potatoes and desired vegetables (I used country crop) drop one beef stock pot in and 2 or 3 tablespoons of sugar. Put lid on and simmer. In meantime make your dumpling as follows: Continue reading
OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT


OOM EN TANTE BREDIE IN DIE PRUTPOT
1 koppie suiker boontjies
1 koppie stampmielies
1 groot ui gekap
2 huisies knoffel
1 groot rooi soetrissie in stukkies
1 blik gekapte tamaties
handvol gekapte vars marjolien
sout en peper
2 eetlepel suiker
1 blokkie skaapaftreksel opgelos in 250 ml water
1 kg vet skaaprib in stukkies
Week boontjies en stampmielies oornag. Spoel af en kook boontjies 20 min. Spoel af. Sit die boontjies en die res van bestanddele in prut pot saam so 3 koppies water. Sit op outo en kook vir sowat 7 uur of oornag.Resep en foto:Martie Fourie Moolman
ADAM SE TAMATIEBREDIE


ADAM SE TAMATIEBREDIE
Omdat hierdie ‘n kop resep is gebruik ek so min moontlik afgemete hoeveelhede. Elkeen moet die hoeveelheid kies soos dit benodig word vir hul behoeftes.
Goedkoop skaap en vark stukkies – soveel as wat jy nodig het.
1 groot ui gekap (of 2)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
paar gekapte tamaties
‘n stingel of wat gekapte selderystingel
Soetrissie in stukkies gesny
Aartappels volgens behoefte, in blokkies gesny
Paar wortels in stukkies gesny
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels worchestershiresous
1 blikkie tamatie en uie smoor
paar takkies vars tiemie of 1 teelelpel gedroog.
So ‘n bakhandjie oreganum
Sout en peper na smaak
1 teelepel borrie
2 teelepels gemengde koljander en jeera (cumin) poeier.
Continue reading
GROENBOONTJIEBREDIE IN DIE DRUKKOKER
HOENDER TAMATIEBREDIE
HOENDER TAMATIEBREDIE
1 kg hoender (in stukken gesny)
1 blikkie tamatie paste
2 uie
knopies sampioene
baba aartappels
sout
suiker
peper
Eers braai ek die hoender om en om in een pan, dan sit ek hulle in die oondpan.
Dan maak ek die uie bruin in dieselfde pan van die hoender.
Dan sit ek die tamatie paste by, laat ń paar minute kook, voeg die water by, sout, ‘n bietjie suiker en peper.
Dan maak ek die sous dik met ñ pakkie tamatie roomsop poeier.
Dan skep ek die hele mengsel oor die hoender.
Dan die aartappels en button mushrooms
In die oond dan vir 2 uur of totdat die hoender helemaal sag is.
En dan smullen maar.
Oh ja, bedien met Basmatie rys.
Resep en foto: Nicolette Abrahams
LAMSVLEIS EN BOONTJIEBREDIE
Omdat bredies dikwels hoog in vet is, kan jy gerus jou bredie die dag vooraf maak; sodoende kan jy die vet afskep sodra dit afgekoel het. Die boontjies in dié resep neem die heerlike vleisgeur op en is ‘n gesonde bestanddeel wat sorg vir ekstra proteïen en volop vesel.
Genoeg vir 4-6
1 kg maer lamstowevleisblokkies (met die bene)
2 groot uie, gekap
3 heel wonderpeperkorrels
4 naeltjies
45 ml olyfolie
4 knoffelhuisies, fyngedruk
4 kaneelstokkies
1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
2 blikke tamaties
250 g groenboontjies, gekerf
1 blik niertjieboontjies, gedreineer
gaar bruinrys om voor te sit Continue reading







