

ADAM SE TAMATIEBREDIE
Omdat hierdie ‘n kop resep is gebruik ek so min moontlik afgemete hoeveelhede. Elkeen moet die hoeveelheid kies soos dit benodig word vir hul behoeftes.
Goedkoop skaap en vark stukkies – soveel as wat jy nodig het.
1 groot ui gekap (of 2)
2 knoffelhuisies, fyn gekap
paar gekapte tamaties
‘n stingel of wat gekapte selderystingel
Soetrissie in stukkies gesny
Aartappels volgens behoefte, in blokkies gesny
Paar wortels in stukkies gesny
2 eetlepels tamatiesous
2 eetlepels worchestershiresous
1 blikkie tamatie en uie smoor
paar takkies vars tiemie of 1 teelelpel gedroog.
So ‘n bakhandjie oreganum
Sout en peper na smaak
1 teelepel borrie
2 teelepels gemengde koljander en jeera (cumin) poeier.
Braai die uie en knoffel en seldery in bietjie olie. Voeg vleis by en braai verder tot bruin. Meng gekapte tamaties en die blikkie tamatie en uie met ‘n kwart blikkie water, roer die borrie daarby in en voeg by vleis. Voeg die tiemie, oreganum, worchestershiresous en tamatiesous by en laat kook tot vleis begin sag raak. Voeg nou die aartappels en wortels by en kook tot aartappels sag raak en voeg die soetrissie by. My pot het altyd genoeg vleissous en as die spul eers aan die kook is, hou ek die hitte medium tot laag (op gasvlam). Roer egter nou en dan om te keer dat dit aanbrand want die sous begin dik raak na die einde toe. Kook tot die aartappels sag is, plaas op die tafel en geniet jou gate uit.
Resep en foto: Adam Cloete






