

MELKTERT MET KOEKIEKORS
Kook saam:
1 Liter melk
3 eetlepels botter
Meng die volgende goed saam:
120 ml maizena
120 ml koekmeel
bietjie sout
5 ml vanilla essence
3/4 (driekwart) koppie suiker
3 eiers
Continue reading


MELKTERT MET KOEKIEKORS
Kook saam:
1 Liter melk
3 eetlepels botter
Meng die volgende goed saam:
120 ml maizena
120 ml koekmeel
bietjie sout
5 ml vanilla essence
3/4 (driekwart) koppie suiker
3 eiers
Continue reading→


VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE
2 Ruby pomelo’s
2 suurlemoene (dun skil)
2 naartjies
2 lemmetjies
1,5 kg suiker vir elke 500 g repies skil
1,7 liter water vir elke 500 g repies skil
Was die vrugte baie goed af. Sny die heel vrugte in dun ronde skywe. Sny elke skyf middeldeur en sny die skil af van die binnekant van vrug. Hou die dun repies skil apart en weeg. Meet suiker se gewig om 3x dit van die repies skil te wees. Hou die suiker eenkant maar moet nie met repies skil meng nie. Continue reading→


KAREN SE VLAKOEK
1 koppie koekmeel
75 ml maizena
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers, geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater
Klits eiergeel en strooisuiker tot donsig. Voeg yswater bietjies by. Sif droë bestanddele saam en vou in. Klits eierwitte styf en vou in. Gooi in 2 ronde panne. Bak vir 20 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom. Continue reading→


SOUTTERT
brosdeeg (koop of maak jou eie)
2 pakke spek– opgesny
5 hard gekookte eiers, gerasper
2 koppies kaas, gerasper.
1 rou eier
bietjie melk
pietersielie
mespunt mostert
Sit die deeg onder in jou pan as ‘n kors. Meng alles goed saam en maak gelyk op kors. Bak tot goudbruin by 180 ⁰C. ongeveer 30-40 min
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn


HOENDERPASTEITJIES
Hier neem ek kortpad en gebruik rolle gekoopte skilferkorsdeeg. Jy kan natuurlik jou eie maak.
Neem hoenderborsies (ek neem 3) en kook met uie en geurmiddels sowat 45 minute – 1 uur tot sag. Laat afkoel, Verwyder die bene en breek/sny in stukkies.
Neem een pakkie sampioenroomsop poeier, of in my geval hoenderroomsop poeier aangesien my mense nie sampioene eet nie, en maak dit aan met water tot ‘n dik sous.
Voeg hoender stukkies by en meng deur. Laat koud word.
Druk sirkels uit deeg. Verf deeg sirkels met koue water. Sit vulsel in een helfde en druk ander helfte goed bo op vas.
Verf met geklitste eier of melk en bak tot mooi bruin en uitgepof by 200⁰C.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn


PERPERMENT CRISP YSKASTERT
750 ml vars room
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 groot en 1 klein peperment crisp sjokolades
2 blikkies caramel treat
Rasper sjokolade op fyn kant van rasper. Klits room goed styf. Roer karamel treat by room en vou ¾ van sjokolade in. Skep bietjie van mengsel in reghoekige tertbak. Rangskik laag tennis beskuitjies bo op. Skep helfte van mengsel op en maak gelyk. Pak nog ‘n laag beskuitjies, gevolg deur laaste room mengsel. Maak gelyk en strooi res van sjokolade bo op. Laat stol oornag in yskas.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn


SPOG WORTELKOEK
625 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
15 ml fyn kaneel
knypie sout
375 ml witsuiker
310 ml kookolie
4 x ekstra groot eiers
500 ml fyngerasperde wortels
250 ml fyn pynappel (dreineer meeste van die stroop, maar nie alles nie)
125 ml gekapte pekanneute (opsioneel)
60 ml appelkooskonfyt Continue reading→

HOE OM TUISGEMAAKTE PIZZA TE VRIES
Ek wil vir my seuntjie klein pizza’s maak en vries. Nou wil ek die volgende weet asb:
1) As ek my pizza base klaar gaar gemaak het en tomato paste op gesit het, kan ek nog kaas en bacon op sit voor ek dit vries? Of moet ek dit eers op sit as ek die base ontvries.
2) Hoe vries ek hulle, moet ek elk een apart toe draai met plastiek wrap?
3) Hoe ontvries ek dit weer sodat pizza base nie pap raak nie?
Shafieka van Wyk:
Parbake die base dit sal werk dan sit jy di toppings op en vries dit.
Kitty Jacobs:
Vries een laag op ‘n slag, dan kan jy op mekaar sit as gevries is, sit bak papier of gladwrap tussen in as jy wil. Continue reading→


EASY PORTUGUESE PERI PERI SAUCE
½ cup white vinegar
½ cup fresh lemon juice
½ cup olive oil
30 ml peri-peri powder
30 ml salt
30 ml paprika
30 ml freshly chopped garlic
10 fresh chilies, finely chopped
Combine all the ingredients in a mason jar. Put the lid on and shake well. The mixture becomes stronger as time passes.
Photo: Andy Galloway


GEBAKTE RAAP
Een groot raap en hy was baie groot, geskil en in blokkies gesny en vir 10 minute gekook in bietjie soutwater.
Smelt so 4 eetlepels, bruinsuiker en 4 eetlepels botter saam in mikrogolf oond.
Pak raap wat in blokkies gesny is in ‘n bak , gooi suiker en botter mengsel bo oor.
Bak vir 20 minute in oond op 180 grade C of tot bruin.
Resep en Foto: Marie Rheeder Troskie
You cannot copy content of this page
