

VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE
2 Ruby pomelo’s
2 suurlemoene (dun skil)
2 naartjies
2 lemmetjies
1,5 kg suiker vir elke 500 g repies skil
1,7 liter water vir elke 500 g repies skil
Was die vrugte baie goed af. Sny die heel vrugte in dun ronde skywe. Sny elke skyf middeldeur en sny die skil af van die binnekant van vrug. Hou die dun repies skil apart en weeg. Meet suiker se gewig om 3x dit van die repies skil te wees. Hou die suiker eenkant maar moet nie met repies skil meng nie.
Meet water af en gooi in kastrol saam met die binnekant van die vrugte, al die pitte* ingesluit en laat dit kook vir ongeveer 2 en half tot 3 ure tot die vrugte sag is. *Die pitte verskaf pektien wat die marmelade laat set. Ek het myne sommer in die stoompot gekook vir 30 min en dit was gaar. Dreineer die vloeistof en pulp in kolander oor ‘n bak om al die vloeistof op te vang. Druk soveel moontlik vloeistof uit met agterkant van groot lepel. Gooi daai vloeistof nou deur ‘n sif om die kleiner stukkies op te vang. Gooi die gekookte pulp en pitte in die sif weg.
Kook die repies skil in hierdie vloeistof tot die vloeistof verminder en die skilletjies sag is. Dit kook ongeveer 45 min. Verwyder van die hitte en gooi die suiker by. Roer tot gesmelt en kook dan 30 tot 60 min of tot die jellie set. Laat afkoel vir paar minute voordat dit in warm gesteriliseerde bottels geskep word. Maak vol tot bo, vee die bottels goed af met warm klam lap en draai skroefdeksel styf op. Ek het hierdie twee botteltjies uit die resep met my hoeveelheid sitrus vrugte gekry.
Nota: enige verskeidenheid van sitrus vrugte kan gebruik word vir hierdie resep.
Resep & fotos Elsabie Templeton






