MELKTERT MET KOEKIEKORS

MELKTERT MET KOEKIEKORS
Kook saam:
1 Liter melk
3 eetlepels botter

Meng die volgende goed saam:
120 ml maizena
120 ml koekmeel
bietjie sout
5 ml vanilla essence
3/4 (driekwart) koppie suiker
3 eiers

Wanneer melk gekook het, gooi eiermengsel by melk terwyl jy aanhou klits.
Sit terug op die stoof en kook nog bietjie op lae hitte, pasop dat dit nie aanbrand nie.
Neem gesmeerde bak en pak laag Tennis beskuitjies onder in bak en wanneer mengsel gereed is, gooi oor beskuitjies, maak egalig en gooi bietjie kaneel bo-oor en sit vir paar ure in yskas tot gestol. Dis vinnige reseppie en heerlik.
Resep: Wilma Truter Roberts
Foto: Susanna Kruger




VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE

VINNIGE 4 SITRUS MARMELADE
2 Ruby pomelo’s
2 suurlemoene (dun skil)
2 naartjies
2 lemmetjies
1,5 kg suiker vir elke 500 g repies skil
1,7 liter water vir elke 500 g repies skil

Was die vrugte baie goed af. Sny die heel vrugte in dun ronde skywe. Sny elke skyf middeldeur en sny die skil af van die binnekant van vrug. Hou die dun repies skil apart en weeg. Meet suiker se gewig om 3x dit van die repies skil te wees. Hou die suiker eenkant maar moet nie met repies skil meng nie.

Meet water af en gooi in kastrol saam met die binnekant van die vrugte, al die pitte* ingesluit en laat dit kook vir ongeveer 2 en half tot 3 ure tot die vrugte sag is. *Die pitte verskaf pektien wat die marmelade laat set. Ek het myne sommer in die stoompot gekook vir 30 min en dit was gaar. Dreineer die vloeistof en pulp in kolander oor ‘n bak om al die vloeistof op te vang. Druk soveel moontlik vloeistof uit met agterkant van groot lepel. Gooi daai vloeistof nou deur ‘n sif om die kleiner stukkies op te vang. Gooi die gekookte pulp en pitte in die sif weg.

Kook die repies skil in hierdie vloeistof tot die vloeistof verminder en die skilletjies sag is. Dit kook ongeveer 45 min. Verwyder van die hitte en gooi die suiker by. Roer tot gesmelt en kook dan 30 tot 60 min of tot die jellie set. Laat afkoel vir paar minute voordat dit in warm gesteriliseerde bottels geskep word. Maak vol tot bo, vee die bottels goed af met warm klam lap en draai skroefdeksel styf op. Ek het hierdie twee botteltjies uit die resep met my hoeveelheid sitrus vrugte gekry.

Nota: enige verskeidenheid van sitrus vrugte kan gebruik word vir hierdie resep.
Resep & fotos Elsabie Templeton




KAREN SE VLAKOEK

KAREN SE VLAKOEK
1 koppie koekmeel
75 ml maizena
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers, geskei
250 ml strooisuiker
100 ml yswater

Klits eiergeel en strooisuiker tot donsig. Voeg yswater bietjies by. Sif droë bestanddele saam en vou in. Klits eierwitte styf en vou in. Gooi in 2 ronde panne. Bak vir 20 minute teen 180°C of tot toetspen skoon uitkom.

Vla:
3 koppies melk
175 ml vlapoeier
125 ml margarien
250 ml strooisuiker
5 ml vanilla geursel

Meng die vlapoeier en melk. Bring tot kookpunt. Gooi warm mengsel in ‘n plastiek bak en klits die oorblywende bestanddele by. Laat dit koud word in die yskas. Roer af en toe.
Verdeel elke koek in twee (4 dele) en versier met vla tussen lae en bo-op.
Foto: Karen Marais




SOUTTERT

SOUTTERT
brosdeeg (koop of maak jou eie)
2 pakke spek– opgesny
5 hard gekookte eiers, gerasper
2 koppies kaas, gerasper.
1 rou eier
bietjie melk
pietersielie
mespunt mostert

Sit die deeg onder in jou pan as ‘n kors.  Meng alles goed saam en maak gelyk op kors. Bak tot goudbruin by 180 ⁰C. ongeveer 30-40 min
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn




HOENDERPASTEITJIES

HOENDERPASTEITJIES
Hier neem ek kortpad en gebruik rolle gekoopte skilferkorsdeeg. Jy kan natuurlik jou eie maak.
Neem hoenderborsies (ek neem 3) en kook met uie en geurmiddels sowat 45 minute – 1 uur tot sag. Laat afkoel, Verwyder die bene en breek/sny in stukkies.
Neem een pakkie sampioenroomsop poeier, of in my geval hoenderroomsop poeier aangesien my mense nie sampioene eet nie, en maak dit aan met water tot ‘n dik sous.
Voeg hoender stukkies by en meng deur. Laat koud word.
Druk sirkels uit deeg. Verf deeg sirkels met koue water. Sit vulsel in een helfde en druk ander helfte goed bo op vas.
Verf met geklitste eier of melk en bak tot mooi bruin en uitgepof by 200⁰C.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn




PERPERMENT CRISP YSKASTERT

PERPERMENT CRISP YSKASTERT
750 ml vars room
2 pakkies tennisbeskuitjies
1 groot en 1 klein peperment crisp sjokolades
2 blikkies caramel treat

Rasper sjokolade op fyn kant van rasper. Klits room goed styf. Roer karamel treat by room en vou ¾ van sjokolade in. Skep bietjie van mengsel in reghoekige tertbak. Rangskik laag tennis beskuitjies bo op. Skep helfte van mengsel op en maak gelyk. Pak nog ‘n laag beskuitjies, gevolg deur laaste room mengsel. Maak gelyk en strooi res van sjokolade bo op. Laat stol oornag in yskas.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn




SPOG WORTELKOEK

SPOG WORTELKOEK
625 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
7.5 ml koeksoda
15 ml fyn kaneel
knypie sout
375 ml witsuiker
310 ml kookolie
4 x  ekstra groot eiers
500 ml fyngerasperde wortels
250 ml fyn pynappel (dreineer meeste van die stroop, maar nie alles nie)
125 ml gekapte pekanneute (opsioneel)
60 ml appelkooskonfyt

Sif die droë bestanddele 2 x saam (behalwe koeksoda). Klop suiker, olie en eiers saam tot goed germeng – sowat 3 minute teen hoe snelheid met ‘n elektriese klitser. Voeg die wortels, pynappel en appelkooskonfyt by en meng deur. Roer die koeksoda by. Voeg die droë bestanddele by en meng liggies tot eweredig vermeng. Smeer en voer 3 laagkoekpanne. Verdeel mengsel eweredig en bak by 180 ⁰C vir +- 30 minute of tot gaar. Kan ook in 28 cm buispan gebak word vir 45 minute tot 1 uur tot gaar.

Versiersel:
125 ml botter of margarien
500 g versiersuiker
10 ml vanielje geursel
roomkaas

Klits die botter en voeg versiersuiker en roomkaas bietjies bietjies by totdat versiersel die verlangde dikte bereik. Versier die afgekoelde koeklae hiermee en strooi fyn pekanneute bo oor vir versiering.
Resep en foto: Elaine Steyn Steyn




HOE OM TUISGEMAAKTE PIZZA TE VRIES

HOE OM TUISGEMAAKTE PIZZA TE VRIES
Ek wil vir my seuntjie klein pizza’s maak en vries. Nou wil ek die volgende weet asb:
1) As ek my pizza base klaar gaar gemaak het en tomato paste op gesit het, kan ek nog kaas en bacon op sit voor ek dit vries? Of moet ek dit eers op sit as ek die base ontvries.
2) Hoe vries ek hulle, moet ek elk een apart toe draai met plastiek wrap?
3) Hoe ontvries ek dit weer sodat pizza base nie pap raak nie?

Shafieka van Wyk:
Parbake die base dit sal werk dan sit jy di toppings op en vries dit.

Kitty Jacobs:
Vries een laag op ‘n slag, dan kan jy op mekaar sit as gevries is, sit bak papier of gladwrap tussen in as jy wil.

Anna Venter:
Ek pre-bake my basisse, sit dan my toppings op. Ek vries dit met bakpapier tussin-in. As jy dit dan bak plaas op ‘n roostertjie en nie direk op die pan nie. Anders neig die deeg se middel om pap te wees agv vog wat nie kan verdamp nie en gebruik redelik hoë temp (200°C). Jou toppings is tog alles gaar, jy wil dit net lekker warm hê en die kaas smelt.

Rina Kleinhans:
Vertel vir ons hoe pre-bake jy jou basis asb, teen watter grade vir hoe lank asb?

Anna Venter:
As ek pizzas maak bak ek teen 180°C baie dun uitgerolde brooddeeg. Ek draai die basisse om sodra die bo-kant begin verbruin sodat die onderkant ook effe verbruin. Ek hou maar dop as ek ek bak, want ek gebruik soms brooddeeg uit my broodmasjien en dit bak effe gouer as winkeldeeg. Maar dis belangrik dat jy dun sirkels uitrol anders het jy aaklige degerige basisse,tensy jy van dikker onderkante hou.

Annelore Von Solms Joubert:
Ek sit my tamatiebasis op en bak dit vir 5 minute teen 200°C. Dan vries ek dit. Jy haal dit net uit en sit jou bestanddele bo-op en bak vir 8 minute teen 200 grade. Maklik as daar niks in die huis is vir kinders nie. (Of groot mense)
Foto:  Elsabie Templeton




EASY PORTUGUESE PERI PERI SAUCE

EASY PORTUGUESE PERI PERI SAUCE
½ cup white vinegar
½ cup fresh lemon juice
½ cup olive oil
30 ml peri-peri powder
30 ml salt
30 ml paprika
30 ml freshly chopped garlic
10 fresh chilies, finely chopped

Combine all the ingredients in a mason jar. Put the lid on and shake well. The mixture becomes stronger as time passes.
Photo: Andy Galloway




GEBAKTE RAAP

GEBAKTE RAAP
Een groot raap en hy was baie groot, geskil en in blokkies gesny en vir 10 minute gekook in bietjie soutwater.
Smelt so 4 eetlepels, bruinsuiker en 4 eetlepels botter saam in mikrogolf oond.
Pak raap wat in blokkies gesny is in ‘n bak , gooi suiker en botter mengsel bo oor.
Bak vir 20 minute in oond op 180 grade C of tot bruin.
Resep en Foto: Marie Rheeder Troskie