SOETSUUR VARK MET NOEDELS
Sous:
30 ml olyf olie
1 ui skywe gensy
1 soet rooi rissie in repe gesny
50 ml tamatiesous
15 ml Soja-sous
15 ml bruinsuiker
2 eetlepels olie
1 blikkie pynappelstukke Continue reading
Author Archives: Corne Liebenberg
MUESLI BESKUIT
MUESLI BESKUIT
500 g margarien gesmelt
500 ml karringmelk
2 eiers
1 kg bruismeel
15 ml bakpoeier
½ teelepel sout
200 ml bruinsuiker
375 ml muesli
250 ml hawermout
½ koppie sonneblom saad
Voorverhit oond na 180°C. Smeer 2 oondpanne of spuit met spray and cook.
Klits gesmelte margarien karringmelk en eiers saam.
Sif bruismeel, sout en bakpoeier saam.
Roer die bruinsuiker, muesli, hawermout en sonneblom saad in meelmengsel in.
Giet die margarien by en meng deeglik. (jou hande werk die beste)
Druk die deeg gelyk in die panne. Bak vir 1 uur tot gaar en laar afkoel in panne.
Sny beskuit in vingers en pak op bakplaat en droog uit vir ± 6 ure tot goed droog.
Geniet dit!
Marlene Minderon
BENHET SE PAPTERT
4 BESTANDELE CHINESE FRIED RICE (Flied Laais)


4 BESTANDELE CHINESE FRIED RICE (Flied Laais)
400 g garnale skoongemaak
2 koppies gaar rys
3 eiers geklits
groen en geel soetrissie
Braai die garnale en soetrissie in ‘n bietjie olie tot die garnale gaar is.
Voeg die rys by en braai deur.
Geur met sout, peper en garlic and herb spice
Voeg die geklitste eier by en roer deur tot die eier gestol is.
4 Bestanddele Sjinese Drupsous
½ koppie heuning
½ koppie soya sous
6 toontjies knoffel opgekerf
1 eetlepel gemmer puree (vars gemmer fyn verwerk in voedselverwerker) Continue reading
PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT
PAMPOENKOEKIES MET BUTTERNUT
2 koppies butternut
4 eetlepels koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Meng lekker bymekaar en voeg by
1 teelepel vanilla
1 eier nou roer goed
Dit moet slap wees, maar nie loperig. Bak lekker goud bruin in olie, gooi kaneelsuiker oor en dan lekker eetlepel vol heuning as hulle op mekaar gepak is lekker eet
Anita Groenewald Olderwagen
KNOFFEL SLAKKE
KNOFFEL SLAKKE
1 klein blikkie snails
2 eet lepels geparste knoffel
500 ml melk
2 eet lepels botter
250 ml room
kaas Continue reading
MAKLIKE INGELEGDE KOEJAWELS
MAKLIKE INGELEGDE KOEJAWELS
Vir elke 1 kg koejawels (geskil)
250 g suiker
2 koppies water
Kook suiker en water tot blink borrels vorm, so half stroperig.
Voeg vrugte by kook tot pitte begin loskom.
Skep bietjie stroop in bottels.
Pak vrugte oop kant ondertoe, vul op met stroop en seël.
Mandy Nel
Tweede foto en verandering: Elize Senior Wolvaardt
Ipv 250 g suiker het ek 250 ml suiker gebruik per kg koejawels. Ek het 4 kg plus 8 los koejawels gehad. Ek het sommer 2 by elke kg gegooi. Stroop gekook vir so 10 minute, vrugte bygevoeg sodra dit begin kook het. Het ek dit vir ongeveer 7-8 minute gekook. Gebottel en dis heerlik. Daar is geen suurlemoen in nie, Sal dit saak maak?
Rina Kleinhans: Suurlemoen help maar net dat dit nie sandsuiker nie, maar as dit reggekook is sal dit nie nodig wees nie.
GROENTE KEBABS
Aartappel blokkies
Uie skywe
Butternut blokkies
Wortel ringe
Ryg op kebab stokkies wat vooraf in water geweek is.
Geur met speserye, sout en peper
Rooster op die kole of in die oond
Maritha Baauw
SUIKERVRYE WARM SJOKOLADE DRANKIE


SUIKERVRYE WARM SJOKOLADE DRANKIE
2 lekker opgehoopte teelepels Kakao,
‘n halwe blok Canderell sjokolade, gesmelt,
350ml gekookte melk,
2 Selati suikervrye sakkies.. Continue reading
HEERLIKE SEMELBESKUIT MET ROOM


As jy van beskuit hou moet jy hierdie een proe. Wees net gewaarsku as jy eers begin kan jy nie ophou eet nie.
1 Kg Bruismeel
1 Pak Semels (350g)
2 K Geelsuiker
500 g Margrien(gesmelt) Sout
1 Lt Room Continue reading










