SOETSUUR VARK MET NOEDELS
SOETSUUR VARK MET NOEDELS
Sous:
30 ml olyf olie
1 ui skywe gensy
1 soet rooi rissie in repe gesny
50 ml tamatiesous
15 ml Soja-sous
15 ml bruinsuiker
2 eetlepels olie
1 blikkie pynappelstukke
Verhit olie en roerbraai uie en soet-rissie daarin, voeg pynappel en sous by vir nog ‘n minuut. Voeg res van die bestanddele by en bring tot kookpunt. Prut vir 5 min (as sous te loperig is voeg 10 ml mielieblom aangemaak met 30 ml water by)
Beslag:
440 ml Bier,
2 koppies bruismeel
3 ml mosterd poeier
5ml sout
Meng als saam
Vleis:
800 gram beenlose vark blokkies
sout en swart peper na smaak
60ml mielieblom
olie vir diep braai
Geur vleis met sout en peper, rol in mielieblom, verhit olie 10 cm in kastrol en braai blokkies tot gaar en goud bruin en dreineer op konbuispapier.
Voorsit: Skep blokkies by sous en sit voor met gaar noedels.
Aangepas deur Yvonne Bornman uit Knuppeldik Maklike Reseppies
Foto: Elize Bradbury













