

MARIUS SE PLAT BROOD
Bron en foto: Marius Prinsloo
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies meel
½ teelepel sout
1 teelepel bakpoeier
¼ koppie olie
¾ koppie melk
Meng alles saam en knie vir so 3 min.
Deel deeg in 6 ewe groot porsies en rol dun uit. Ek vat somer ‘n klein boordjie sit dit bo oor en sny om die rand van bord om ewe groote brode te kry. Ek sit dan op ‘n cast iron pan.
Bak eenkant tot mooi bruin ongeveer 2 minute, draai dit om en bak dieselfde vir ander kant. Kan ook op ‘n griddle pan sit om daardie mooi lyne te kry.











