

PARATA
Resep en foto: Adele Yslie
FOOD LOVERS RECIPES
Ek meet met die oog en kook op gevoel so julle moet self ook oordeel.
2 koppies bruin broodmeel
knippie sout, uiepoeier en knoffelpoeier
vars roosmaryn, baie fyn gekap, opsioneel
4 eetlepels vloeibare klapper olie
warm water uit ketel
Meng die droë bestanddele saam en voeg die olie en net genoeg water by om ‘n bal te vorm.
Knie die deeg goed deur.
Vorm die deeg in ‘n wurm en sny dit in wiele.
Rol elke wiel uit op ‘n meel bestrooide oppervlakte. Droogbak die deeg in ‘n warm pan op die stoof.
Spat water met jou vingers op die parata terwyl dit bak, dit sal “bubbles” maak.
Bak tot dit net net bruin of gaar is, anders is dit nie buigbaar nie.
Jy kan dit met enige iets vul. Ek het ‘n braaigroente gemaak met vegan mayo en rissiesous.







Done