
ROOTI
Bron: Denver Petersen
FOOD LOVERS RECIPES
6 koppies meel
1 teelepel sout
3 eetlepels olie
3 koppies warm water
150 g botter
Meng die meel sout en olie saam. Vryf dit met die vingers tot dit soos broodkrummels lyk.
Voeg die warm water by.
Knie tot ‘n sagte deeg en laat dit rus vir 10 minute.
Nou hier kom die triek met die maak van die vel, en dit is die kortpad manier:
Rol die hele stuk deeg in die vorm van ‘n reghoek uit.
Smeer die botter oor die hele stuk deeg uit.
Rol nou die deeg op soos ‘n rolkoek.
Nou lyk jou deeg soos ‘n rolkoek, en bere dit in die yskas vir 30 minute.
Sny nou stukke deeg af, en rol elke stuk in die vorm van ‘n balletjie.
Rol nou elke balletjie uit so dun moontlik.
‘n Elekriese braaipan werk wonderlik. Braai elke roti vel letterlik net twee minute aan elke kant.
Vou onmiddelik elke gaar roti, in die helfte, dan weer in die helfte tot dit soos ‘n driehoek lyk. Dit veroorsaak die “blare” in die roti.
Maak seker jou deeg is goed geknie. Gebruik botter of ‘n goeie margerien soos marvello. Moenie die roti te lank bak soos ‘n pannekoek nie, dit is wat roti taai maak. Ek rol gewoonlik eers al my velle uit voor ek dit begin bak.







done