

MARLIZE SE BOERBESKUIT
INSUUR
lou water
1 teelepel sout
1 teelepel suiker
broodmeel
1 aartappel
Kook die water en laat afkoel tot amper lou, skil aartappel, sny in 3 en sit in water, voeg suiker en sout by. Strooi meel bo-oor nie baie nie “net water toe maak” en maak goed toe Laat rys tot volgende oggend
KNIE:
10 koppies meel
2 teelepels sout
ongeveer 100 g sagte margarien
Smeer panne en sit oond aan. Lou water byderhand ongeveer 500 ml
Meng meel en sout , haal aartappels uit suurdeeg en gooi suurdeeg in en knie deur water bietjie bietjie by te sit tot die deeg lekker knie en elasties is, nie pap nie. As jy klaar is met water geknie, knie margarien in die deeg in voor opmaak in panne. Jy kan bolletjie maak en in die panne pak of jy kan dit soos ‘n brood bak. Wanneer deeg in panne is smeer margarien bo-oor. Sit plastiek sakke bo-oor en laat rys tot amper vol by 70°C.
Maak oond dan warm tot 200°C, bak vir 30 min draai oond af na 180°C en dan weer 30 min. Wanneer jy op die brood klop sal dit hol klink dan is dit gaar, gooi dan uit. Sny in beskuite en droog uit of eet net so met botter en stroop.
Resep en foto: Marelize Van Wyk






