AARTAPPEL NAAN
Hier is die naan brood resep wat ek gebruik. Dit is ‘n resep wat ek van ‘n pakistaniese tannie gekry het omtrent 15 jaar terug. Vir my gesin is dit die lekkerste naan resep wat by die huis gemaak word.
BESTANDELE
½ kop warm aartappel wat fyn gemaak is
¼ kop lou water
½ tlp sout
1 ¼ tlp aktiewe droe gis
Meng goed dan voeg die volgende by:
2 koppies all purpose flour
3 Eetlepels gewone griekse jogurt
3 Eetlepels melk
¼ tlp bak poeier
1 eetlepel gesmelte botter / olie
METODE
Meng tot die deeg glad is. As die deeg te veel aan jou hande klou voeg nog meel by, maar doen di teen telepel op ‘n slag. Plaas in ‘n bak wat goed ge-olie is. Rys tot dubbel in grote +/- 2 ure. Na twee ure kniee al die lug uit en deel in ses en vorm balle. Verhit ‘n non-stick pan op med hitte. Rol elke bal plat uit. Die deeg moet redelik dun wees, maar nie papier dun nie. Kook een op ‘n tyd tot dit blasies vorm, draai en kook aan die ander kant. Smeer met botter net voor jy dit uit die pan haal.
BRON: Lacy Grey
DONE