AARTAPPEL NAAN

AARTAPPEL NAAN
BRON: Lacy Grey
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is die naan brood resep wat ek gebruik. Dit is ‘n resep wat ek van ‘n pakistaniese tannie gekry het omtrent 15 jaar terug. Vir my gesin is dit die lekkerste naan resep wat by die huis gemaak word.

½ kop warm aartappel wat fyn gemaak is
¼ koppie lou water
½ teelepel sout
1 ¼ teelepel aktiewe droë gis
Meng goed, voeg dan die volgende by:
2 koppies all purpose flour
3 eetlepels gewone Griekse jogurt
3 eetlepels melk
¼ teelepel bak poeier
1 eetlepel gesmelte botter / olie

Meng tot die deeg glad is. As die deeg te veel aan jou hande klou, voeg nog meel by, maar doen dit een telepel op ‘n slag.
Plaas in ‘n bak wat goed ge-olie is. Rys tot dubbel in grote ± 2 ure.
Na twee ure knie al die lug uit en deel in ses en vorm balle.
Verhit ‘n non-stick pan op medium hitte. Rol elke bal plat uit.
Die deeg moet redelik dun wees, maar nie papier dun nie.
Kook een op ‘n tyd tot dit blasies vorm, draai en kook aan die ander kant.
Smeer met botter net voor jy dit uit die pan haal.