RAAD VIR TAAI VLEIS
Hallo julle, iemand het gevra oor hoe om met taai vleis te maak…uit ervaring en kennis as voedselkundige hier is die verduideliking oor die oorsake en hoe jy dit kan versag….
‘n Baie belangrike beginsel as dit kom by taaivleis is tyd en die suur wat jy byvoeg om die bindweefsel af te breek. Daar is ‘n paar redes waarom die vleis mag taai wees…(en ons hoop dit is skaap). 1, die dier is baie oud of 2, die dier was onder stress toe hy geslag was en 3, die dier het nie lank genoeg gehang sodat die melksuur in die spiere kon weggaan sodat die bindweefsel kan ontspan. Mense wat sulke taaivleis verkoop se name moet geplaas word, omdat hulle nie die dier en die klient in ag neem nie….geld geld geld. Continue reading
Category Archives: Wenke / Tips
WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG
Kobus Malherbe – Dagse. Iemand wat dalk vir my kan sê wat ek met eiervrug kan maak
Ané Reinhardt – Ons maak dit as bygereg: Ons skil dit, sny dit in ringe, gooi bietjie sout oor. Dan doop ons dit in meel, dan geklitste eier en dan weer meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en dan braai ons dit in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Sout en peper na smaak daarna.
Mariaan Visser – Ek maak kerrie met myne. Heerlik. Ek begin soos gewone kerrie. Braai uie en sit al die speserye in en braai saam met uie. Kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare. Skli en sny tamaties en voeg by uie mengsel. Skli en sny bringel in blokkies. Skli aartappels en sny in blokkies. Voeg nou bringel en aartappels by eerste mengsel. Kook tot alles lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker laag. Continue reading
VERWYDER ETIKETTEGOM VAN BOTTELS
|
VERWYDER ETIKETTEGOM VAN BOTTELS
Elsie Venter
Haal etikettegom van botteltjies af met Brasso en lappie of sommer kombuispapier. Dit werk ook vir hierdie taai pleistergom wat so kan klou.
Yvonne Vorster
peanut butter/grondboontjie botter haal dit maklik af en is iets wat omtrent almal in die huis het
Louis J Dreyer
Thinners. Nail polish remover. Skoon alcohol
Telana Swiegers
Doom. Spuit op gom en los n minuut of 2 en was dan af
Waldette Smith
Bensien
Terese Viveiros Stopka
week dit in warm water en vee papier af. Paraffien haal die gom af
Ben Rautenbach
Terpentyn en was dan in warm water Continue reading
Interessante wenke
1) Plaas ‘n aartappel in die broodblik om brood vars te hou, as jy die nie in jou yskas berg nie.
2) Verhit suurlemoen in die oond of kookwater om die sap makliker uit te druk
3) Gooi ‘n handvol klam teeblare in ‘n stofsuiersak. Skud die sak deeglik. Gooi die teeblare uit. Die sak sal weer mooi skoon wees.
4) Gooi 5ml suurlemoensap by water waarin rys gekook word. Dit maak die rys witter.
BRON – Petronella Kleintjie Botha Pieterse
Elsie Venter – Haal etikettegom van botteltjies af met Brasso en lappie of sommer kombuispapier. Dit werk ook vir hierdie taai pleistergom wat so kan klou.
KOOKWENKE vir die beste resultate
KLEEFPLASTIEK WENK
WENKE HOE OM EIERVRUG (BRINJAL) TE MAAK
Elmarie van der Merwe: Sny sirkels met skil en al op. Gooi sout oor stukke. Los n rukkie. Sal begin “sweet”. Spoel sout af.
Droog af.
Doop in meel, dan geklitse eier, dan in gespeseryde meel. (Soos gebraaide vis). Of enige tipe beslag wat jy van hou
Braai in vlak olie
Sit op kombuispapier.
HEERLIK Continue reading
WENK VIR KOEKSISTERSTROOP


WENK VIR KOEKSISTERSTROOP
Ek het vandag koeksisters gebak. Gisteraand my stroop gemaak, di kastrol met stroop in n groter kastrol gesit en die onderste kastrol vol water getap. Reguit diepvries toe. Vandag tu is di water gevries en stroop yskoud. En dit het koud gebly van die eerste tot die laaste (75) koeksuster. Dog ek deel die idee as iemand sou belangstel
Wenk deur: Tanya Smith
Annemarie Lubbe
Vir die stroop, dit moet 6 koppies suiker op 3 en ñ half koppie water wees, ñhalwe teelepel krematart , ñ kwart teelepel wynsteensuur en 1 eetlepel gleserien. Vir geursel kan jy of ñ halwe teelepel fyn gemmer of 2 eetlepels suurlemoen sap by sit. Meng siuker met kookwater en roer tot opgelos voor jy dit op stoof sit, kook tot stroop borrel, voeg dan die by middels by en kook net vir sewe tot tien minute sonder om te roer. Laat afkoel en suig deur sit oornag in vrieskas
GOEIE KOS WENKE

RAAD VIR PYNE

Ronel Muller Thoma – Ek het n Reseppie uit getoets in die Uit Ouma se Uitsetkis wat ek verlede jaar met ons ontmoetings ete by Cape Town Fishmarket Bloemfontein gewen het.
Dis n 3/4 kop Brandewyn
en 1/4 kop fyn sout.
Skud vir 10 min. Laat staan vir 20 min. As jy hoofpyn of enige pyn het drink jy 2 eetl in oggend en aand met bietjie kookwater agterna. As jou voete seer is of been smeer jy dit met n lappie aan. Dit kan gebruik word vir vele dinge.
BRON – Uit Ouma se Uitsetkis
Skrywer: Nico Moolman.
Rina Kleinhans- Ronel Muller Thoma laat weet asb of dit werk ek sal graag wil weet. Bly jy geniet die boek
Ronel Muller Thoma- hi Rina dit werk! het aan seer enkel gesmeer! opgblaaste maag dit het dit weg gevat. Maar wees gewaarsku dis sleg.







