RAAD VIR TAAI VLEIS

STEAK MARINADEtested

RAAD VIR TAAI VLEIS
Hallo julle, iemand het gevra oor hoe om met taai vleis te maak…uit ervaring en kennis as voedselkundige hier is die verduideliking oor die oorsake en hoe jy dit kan versag….
‘n Baie belangrike beginsel as dit kom by taaivleis is tyd en die suur wat jy byvoeg om die bindweefsel af te breek. Daar is ‘n paar redes waarom die vleis mag taai wees…(en ons hoop dit is skaap). 1, die dier is baie oud of 2, die dier was onder stress toe hy geslag was en 3, die dier het nie lank genoeg gehang sodat die melksuur in die spiere kon weggaan sodat die bindweefsel kan ontspan. Mense wat sulke taaivleis verkoop se name moet geplaas word, omdat hulle nie die dier en die klient in ag neem nie….geld geld geld.
As jy na sure gaan kyk soos vleis versagter dan is die hoof bestanddeel papaien…’n suur wat in papaja voorkom en dit breek proteine op…maar deesdae word dit chemies of kunsmatig vervaardig. Dit is net te sterk. Maar as jy iets soos yoghurt of Karringmelk gebruik is die suur wat teenwoordig is eintlik ‘n Lakto basillis (Bakterie, lewende organisme) wat spesefieke smake gee en ook proteine gebruik om te kan opbreek. DIT is dus ‘n natuurlike proses nie chemies soos met vleisversagters. Jy sal dus nie ‘n melerige tekstuur kry.
Moenie tydens die marineer proses enige soute byvoeg omdat dit die protein se afbreek belemmer en vog uit die vleis trek sodoende word die vleis droog en bly taai…sout word eers bygevoeg as die vleis gaargemaak gaan word.
Hier kan jy ook ‘n kombinasie van gaarmaak metodes gebruik. Jy kan die vleis eers in kaserol gaarmaak en dan oor die kole lekker braai om smaak te gee en ook dan ‘n soetsous oorsit vir daardie ekstra lekkerrrr! Hierdie marinade gebruike ek ook om alle taai vleis snitte te behandel soos bolo vir sosaties….bolo (skof gedeelte van bees) is kenmerkend taai maar dit is baie geurig. Selfs hoender kom ongelooflik heerlik met die marinade uit. Ek marineer alle nuwe vleis so en bevries dit marinadesous en al…So speel lekker.
Ek hoop nie die inligting is grieks nie, maar dit so basies as moontlik gehou.
Hier volg die resep wat ek altyd gebruik:

Marinade vir die eerste sag maak proses:
250 ml karringmelk
10 ml suurlemoensap
20 ml olyfolie
kruie van keuse: skaap – roosmaryn, salie, ment, komyn, fennegriek, knoffel.
Hoender – dill tippies, marjoram, origanum, fennel saadjies, mosterdsaadjie (geel en swart)

Meng al die bestanddele met mekaar en vryf in die vleis in. Die resep is genoeg vir 1 hoender of halwe boud. Laat die vleis verkieslik oornag in die marinade staan of 4 ure. Moenie die marinade weggooi, want dit word by die volgende marinade gevoeg.

Marinade vir gaarmaak:
125 ml appelkooskonfyt of blatjang
50 ml olyfolie
50 ml balsamiese asyn
50 ml sagte bruinsuiker
50 ml heuning
15 ml knoffel
50 ml vars roosmaryn, gekap, stingels verwyder,
sout en peper na smaak

Meng al die bg bestanddele saam (behalwe sout), voeg die karringmelk marinade by en vryf oor die vleis.
Bak volgens die gewig van die vleis in ‘n baksakkie of in ‘n toe kasserol.
Plaas die vleis onder die rooster element of oop vlamme vir kleur en smaak.
Indien die vleis oornag gemarineer het kan jy dit dadelik op die kole gooi.
Voeg laaste die sout oor.
Seen wense
Geskryf en geplaas deur Annelien Pienaar




WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG

WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUGtested
WENKE VIR DIE GAARMAAK VAN EIERVRUG

Kobus Malherbe – Dagse. Iemand wat dalk vir my kan sê wat ek met eiervrug kan maak

Ané Reinhardt – Ons maak dit as bygereg: Ons skil dit, sny dit in ringe, gooi bietjie sout oor. Dan doop ons dit in meel, dan geklitste eier en dan weer meel (soos wat jy steak met kombersies maak) en dan braai ons dit in ‘n pan tot bruin aan beide kante. Sout en peper na smaak daarna.

Mariaan Visser – Ek maak kerrie met myne. Heerlik. Ek begin soos gewone kerrie. Braai uie en sit al die speserye in en braai saam met uie. Kerrie, borrie, fyn koljander, cumin, naeltjies, pypkaneel, gemmer, kerrieblare. Skli en sny tamaties en voeg by uie mengsel. Skli en sny bringel in blokkies. Skli aartappels en sny in blokkies. Voeg nou bringel en aartappels by eerste mengsel. Kook tot alles lekker sag is. Bedien met rys. Lekker vegetaries. Ek is n diabeet en maak dit gereeld vir myself. Ek laat die rys weg en eet dit net so alleen. Baie vullend en gesond en hou die suiker laag.

Laura Coetzer – Sny in skywe omtrent 5mm dik, sout en plaas eenkant in ‘n bak vir omtrent 15 min sodat die bitter vrank smaak uitgetrek kan word. Spoel dan deeglik af. Strooi baie liggies met meel en bak in olyfolie tot ligbruin en gaar. In ‘n aparte pot kook n tamatie en uie smoor tesame met maalvleis. Pak nou lae eiervrug in n oondvaste skottel gevolg deur n laag maalvleis en tamatie en uie smoor. Herhaal die lae tot eiervrug, maalvleis en smoor klaar is. Rond af met lekker baie gerasperde kaas en bak vir ongeveer 20 tot 30 minute. HEERLIK!!!! ps… moenie die knoffel, kruie en speserye in die maalvleis vergeet nie.

Mariaan Visser Ek het vir Jode gewerk. Ek het geleer om van bringel n doop sous te maak.
Die bri gel is in die mikrogolf vir ongeveer 7 min gesit. Daar na is dit laat afkoel en geskil. Die bringel is dan opgekap en in die voedselverwerker gesit saam met hard gekookte eiers, gekapte uie, pietersielie en sout en peper. Dit word goed fyn gemaak en bietjie mayonaise in geroer. Dit word dan saam met kraak beskuitjies vir n voorgereg geeet.




VERWYDER ETIKETTEGOM VAN BOTTELS

|
VERWYDER ETIKETTEGOM VAN BOTTELS

Elsie Venter
Haal etikettegom van botteltjies af met Brasso en lappie of sommer kombuispapier. Dit werk ook vir hierdie taai pleistergom wat so kan klou.

Yvonne Vorster
peanut butter/grondboontjie botter haal dit maklik af en is iets wat omtrent almal in die huis het

Louis J Dreyer
Thinners. Nail polish remover. Skoon alcohol

Telana Swiegers
Doom. Spuit op gom en los n minuut of 2 en was dan af

Waldette Smith
Bensien

Terese Viveiros Stopka
week dit in warm water en vee papier af. Paraffien haal die gom af

Ben Rautenbach
Terpentyn en was dan in warm water

Hennie van Niekerk –
Smeer mayonnaise of basso aan droe ettiket. Los ‘n rukkie
Riki Uys Ferreira –
Cutex remover
Chilene Verheem  –
Jy kan gewone kookolie ook aansmeer en dit so laat staan en dan net afwas
Monique Els –
Detol of botter
Margaret Gouws –
Cobra floor polish
Heidi Matthee –
Spiritus

Sally van Heerden –
Brasso werk vir my beste en vinnigste…ook grondboontjiebotter- haal kougom vinnig uit hare ook..

Mimi Poppie Basson –
Mr Min

Laureen Eaton Schubach –
Hot air from the hair drier.

Lettie Porter –
Benzine werk soos ‘n bom. Maak ook vlekke op klere, mure, matte skoon. Dis net hoogs ontvlambaar

Hettie Theunissen –
Gooi warmwater in bottel en laat staan rukkie. Vryf af.

Rhode Gillespie de Beer –
Die week se VROUEKEUR gesien WITASYN. Probeer, se maar as dit werk

Juliana Hoon –
Ek gebruik q20

Maria Baba Coetzee –
Die eenvoud vanself doodgewone skuurdraad en Sunlight seep nadat bottel geweek was en die meeste papier af is

Marina Brewis  –
Margarine! Los rukkie op en was plakker in warm water AF.

Johanna Hector –
Glas bottel le dit in baie warm water dan kom dit gou af of gebruik n Haar drooer en blaas op die plakker tot warm dit werk ook maar ek le maar in warm water ek gebruik bitter baie bottles

Carien Horn-Koen – Ek stem saam met Johanna Hector die baie warm water werk!




Interessante wenke

 

FLR BB Wenke

1) Plaas ‘n aartappel in die broodblik om brood vars te hou, as jy die nie in jou yskas berg nie.
2) Verhit suurlemoen in die oond of kookwater om die sap makliker uit te druk
3) Gooi ‘n handvol klam teeblare in ‘n stofsuiersak. Skud die sak deeglik. Gooi die teeblare uit. Die sak sal weer mooi skoon wees.
4) Gooi 5ml suurlemoensap by water waarin rys gekook word. Dit maak die rys witter.
BRON – Petronella Kleintjie Botha Pieterse

 

Elsie Venter – Haal etikettegom van botteltjies af met Brasso en lappie of sommer kombuispapier. Dit werk ook vir hierdie taai pleistergom wat so kan klou.




KOOKWENKE vir die beste resultate

 

FLR BB Wenke

1) BOTTERBROODJIES moet onmiddellik van die bakplaat verwyder word
2) KLEIN KOEKIES moet 1 minuut op die plaat gelaat word
3) GROOT KOEKE moet 5 minute in die pan gelaat word. Ook tussen my eie respte!
BRON – Petronella Kleintjie Botha Pieterse




KLEEFPLASTIEK WENK

 

WENKtested

KLEEFPLASTIEK WENK
Cherise Smith – Ek sit n tandestokkie in die middle van my poedings dat die kleef plastiek nie aan die versiering plak nie. Dalk iets simpel, maar dit werk vir my.

 

 




WENKE HOE OM EIERVRUG (BRINJAL) TE MAAK

 

brinjals koostested

Elmarie van der Merwe: Sny sirkels met skil en al op. Gooi sout oor stukke. Los n rukkie. Sal begin “sweet”. Spoel sout af.
Droog af.
Doop in meel, dan geklitse eier, dan in gespeseryde meel. (Soos gebraaide vis). Of enige tipe beslag wat jy van hou
Braai in vlak olie
Sit op kombuispapier.
HEERLIK

Bianca-anne Koen: Gooi eers sout oor en los vir 15 min spoel dan af bak met uie smoor en kaas in die oond

Dorea Fischer: Dankie. Maak die skil dit nie bitter? En maak jy dit net voor ete? Soos gebakte aartappels?

Elmarie van der Merwe: Nee skil doen niks. Maak net mooi kleur. Die geheim is om die sout storie eers te doen. Dit verwyder bitter smaak. Daarna kan mens regtig op enige manier gaarmaak. Met tamatie en uiesmoor, Braai saam met ander groente en spek
Elmarie van der Merwe: Braai dit op laaste oomblik voor julle eet

Koba Cronje: Skil sny in blokkies gooi dit by jou curry in, Mmmm.

Dennise Rabie: ek sny myne in lengte deur so 1 cm skywe. Dan sny ek op elke skyf criss cross, nie deur sny nie, dit lyk soos diamant blokkies. Maak marinade van 50 ml worcester sous, 15 ml suurlemoen sap, fyn gerasperde suurlemoen skil (as jy het), 5ml sout, soveel knoffel as jy wil vars of sout. en bietjie chille spyserye ook opsioneel. 5ml braai spyserye en klein bietjie olie. Verf marinade oor elke skyf bo en onder los vir rukkie in bak. braai op oop kole tot bruin ! heerlik

Anthony Raymond: Doen glad nie die sout storie smeer met olie en grill om streep effek kry

Mariaan Visser: Ek het vir n Italiaanse count en sy Franse vrou gewerk. Eiervrug was een van hulle gunsteling groente.
Sny in baie dun skywe. Strooi bietjie sout oor en laat rus. Spoel af en droog goed op kombuis papier.
Neem n yster “griddle” pan en spuit met Spray and Cook.
Bak nou hierdie skywe op hierdie baie warm pan. Die 3 rook kan maar draai. Dit moet mooi patrone maak van die pan. Moenie bo op mekaar sit nie dan raak dit sag.
Bedien met doop sous van jou keuse.
Die doop sous wat hulle saam met dit geeet het was gekook van tamaties,knoffel en chillies. Bietjie sout en peper en sweet basil in gesny

Foto:  Koos van der Merwe




WENK VIR KOEKSISTERSTROOP

 

koeksisters van mieliepaptested
WENK VIR KOEKSISTERSTROOP

Ek het vandag koeksisters gebak. Gisteraand my stroop gemaak, di kastrol met stroop in n groter kastrol gesit en die onderste kastrol vol water getap. Reguit diepvries toe. Vandag tu is di water gevries en stroop yskoud. En dit het koud gebly van die eerste tot die laaste (75) koeksuster. Dog ek deel die idee as iemand sou belangstel

Wenk deur: Tanya Smith

Annemarie Lubbe
Vir die stroop, dit moet 6 koppies suiker op 3 en ñ half koppie water wees, ñhalwe teelepel krematart , ñ kwart teelepel wynsteensuur en 1 eetlepel gleserien. Vir geursel kan jy of ñ halwe teelepel fyn gemmer of 2 eetlepels suurlemoen sap by sit. Meng siuker met kookwater en roer tot opgelos voor jy dit op stoof sit, kook tot stroop borrel, voeg dan die by middels by en kook net vir sewe tot tien minute sonder om te roer. Laat afkoel en suig deur sit oornag in vrieskas




GOEIE KOS WENKE

GOEIE KOS WENKE
Vleis : om vleis sag te maak wanneer jy dit stowe, voeg 2 teelepels gemmer by. Asyn kan ook oor vleis gesmeer word, moet nooit braaivleis met ‘n vurk steek wanneer jy dit op die kole omdraai nie, gebruik eerder ‘n braaitang.
As vleis aangebrand het, voeg bietjie melk daarby en kook weer. Dit neem die brand smaak weg.
Taai vleis kan saggemaak word deur vooraf bakpoeier oor te sprinkel.
Asyn en sout aan vleis gesmeer, sal verhoed dat dit gou bederf.

Bredie : Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak

Hoender : Om hoendervleis sag en sappig te hou, giet ‘n koppie suurlemoensap oor voordat u dit gaar maak

Spek : Krul nie om as dit natgemaak word voor dit in ‘n pan gebraai word nie.

Vark : Vir geurige varktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte corn flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word.
Strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis dit gee ‘n heerlike geur.

Vis : ‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat.
Ontdooi bevrore vis in melk. Die melk gee ‘n lekker vars geur aan die vis.

Wors : Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die braaipan sit.

Rys : Kook rys en macaroni in melk pleks van water dit is heerlik. Pas net op dat dit nie aanbrand nie.
Om rys los en wit te hou wanneer u dit kook, sit ‘n bietjie suurlemoensap by.

Groente : Om te verhoed dat die hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.
Om groente langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebere word.
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.

Aartappels : Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.
Voeg 12,5 ml asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.
Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.
Voeg ‘n knypie bakpoeier by wanneer kapokaartappels gemaak word = maak dit baie lig.
Voeg ‘n rou gerasperde ui by kapokaartappels vir ‘n ander smaak.
Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word, laat aartappels eers in melk lê voordat jy dit braai, dan braai hulle mooi bruin.

Beet : Om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by.
‘n Eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook.

Blomkool : Om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by water.
Kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word.

Eiers : Waneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.
‘n gekraakte eier bly bruikbaar in die dop as jy die kraak met botter verseël en die eier dan kook.

Kaas : Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.
Voordat jy kaas rasper, smeer botter oor die rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik.

Sout : Om te verhoed dat sout in soutpot vassit, sit twee of drie ryskorrels in.

Geplaas deur Christa Flemming




RAAD VIR PYNE

 

RAAD VIR PYNE

Ronel Muller Thoma – Ek het n Reseppie uit getoets in die Uit Ouma se Uitsetkis wat ek verlede jaar met ons ontmoetings ete by Cape Town Fishmarket Bloemfontein gewen het.

Dis n 3/4 kop Brandewyn

en 1/4 kop fyn sout.

Skud vir 10 min. Laat staan vir 20 min. As jy hoofpyn of enige pyn het drink jy 2 eetl in oggend en aand met bietjie kookwater agterna. As jou voete seer is of been smeer jy dit met n lappie aan. Dit kan gebruik word vir vele dinge.

BRON – Uit Ouma se Uitsetkis
Skrywer: Nico Moolman.

Rina Kleinhans- Ronel Muller Thoma laat weet asb of dit werk ek sal graag wil weet. Bly jy geniet die boek

Ronel Muller Thoma- hi Rina dit werk! het aan seer enkel gesmeer! opgblaaste maag dit het dit weg gevat. Maar wees gewaarsku dis sleg.