
Bredie : Voeg ‘n avokadopeer by ‘n bredie net voordat u dit opskep, dit gee die bredie ‘n heerlike smaak
Hoender : Om hoendervleis sag en sappig te hou, giet ‘n koppie suurlemoensap oor voordat u dit gaar maak
Spek : Krul nie om as dit natgemaak word voor dit in ‘n pan gebraai word nie.
Vark : Vir geurige varktjops, rol elke tjoppie eers in fyngedrukte corn flakes of brood krummels voordat dit in olie gebak word.
Strooi fyn gemmer oor gebraaide vark vleis dit gee ‘n heerlike geur.
Vis : ‘n Stukkie brood in die pan waarin vis gebak word, sal voorkom dat die olie spat.
Ontdooi bevrore vis in melk. Die melk gee ‘n lekker vars geur aan die vis.
Wors : Om te keer dat worsies oopbars wanneer jy hulle braai, prik hulle goed, doop in kookwater en droog af voordat jy dit in die braaipan sit.
Rys : Kook rys en macaroni in melk pleks van water dit is heerlik. Pas net op dat dit nie aanbrand nie.
Om rys los en wit te hou wanneer u dit kook, sit ‘n bietjie suurlemoensap by.
Groente : Om te verhoed dat die hande vlek wanneer aartappels en pampoen geskil word, smeer die hande vooraf met bietjie botter of vet.
Om groente langer vars te hou, draai dit in waspapier toe voordat dit in die yskas gebere word.
Om groente gouer te laat sag kook, voeg ‘n teelepel suiker by terwyl dit kook.
Aartappels : Kook aartappels in twee dele melk en een deel water om dit smaakliker te maak.
Voeg 12,5 ml asyn by olie waarin aartappelskyfies gebak word. Dit maak skyfies bros en die olie skuim nie.
Voeg ‘n vleisekstrakblokkie in die olie waarin aartappelskyfies gebak word vir ‘n heerlike geur.
Voeg ‘n knypie bakpoeier by wanneer kapokaartappels gemaak word = maak dit baie lig.
Voeg ‘n rou gerasperde ui by kapokaartappels vir ‘n ander smaak.
Aartappels braai baie mooi bruin as dit eers in meel gerol word, laat aartappels eers in melk lê voordat jy dit braai, dan braai hulle mooi bruin.
Beet : Om te verhoed dat beet oorkook, voeg ‘n mespunt botter by.
‘n Eetlepel asyn by die water sal beet gou laat sag kook.
Blomkool : Om blomkool mooi wit te kook, voeg 1 koppie melk by water.
Kook blomkool in melk in plaas van water om die smaak te verbeter. Die melk kan dan vir die witsous gebruik word.
Eiers : Waneer jy eiers bak, sprinkel ‘n bietjie sout of meel oor die olie voordat jy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.
Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit ‘n speld of teelepel in die kastrol.
‘n gekraakte eier bly bruikbaar in die dop as jy die kraak met botter verseël en die eier dan kook.
Kaas : Kaas sal nie muf as ‘n klontjie suiker in die bak gehou word nie.
Voordat jy kaas rasper, smeer botter oor die rasper om die skoonmaak agterna te vergemaklik.
Sout : Om te verhoed dat sout in soutpot vassit, sit twee of drie ryskorrels in.
Geplaas deur Christa Flemming






