TUNA KELKIE
Tuna Kelkie vir lui mense soos ek !
1 Blikkie Tuna
Gerasperde komkommer
Fyngedrukte avokadopeer
Klein tamaties in skyfies gesny
Sout en peper die tamaties, geur avo met bietjie slaaisous, maak die tuna skrik met so blop mayonaise , en slaaisous saam met komkommer, pak dan net sulke lagies in ‘n glasie!
Bron: Gigi Robinson














